SAR klas 33-200 no. 33-212 & 33-023, 8 Januarie 1970 | |
Tipe en oorsprong | |
---|---|
Kragtipe | Diesel-elektries |
Ontwerper | Electromotive Division of General Motors |
Vervaardiger | Electromotive Division of General Motors |
Serienommer | 31191-31210 [1] |
Model | GM-EMD GL26MC |
Klas | Klas 33-200 [2] |
Vervaardig | 1966-1967 |
Aantal gebou | 20 |
Bouspesifikasies | |
UIC wielklassifikasie | Co'Co' (Co+Co interlink boegies) |
Spoorbreedte | Kaapspoor |
Bogies | 3.607 m wielbasis |
Wielbasis | 3.900 m |
Lengte | 17.474 m |
Breedte | 2.819 m |
Hoogte | 3.943 m |
Asbelasting | 15 749 kg |
Lokomotiefmassa | 91 000 kg gem. |
Aandrywing | |
Brandstof | Diesel |
Brandstofkapasiteit | 4 300 ℓ |
Primêre aandrywing | GM-EMD 16-645E 2 slag V16 |
Enjin o.p.m. | 315 rpm luier 900 rpm maksimum |
Verplasing | 10.57 ℓ |
Generator | DC 12 pool GM-EMD D-32S |
Traksiemotors | Ses GM-EMD D-29CC-7 DC 4 pool * 485A 1 uur * 450A aanlopend teen 16km/h |
Silinders | V16 |
Transmissie | 57/16 ratverhouding |
Veelvuldige werking | 4 maksimum |
Werkverrigting | |
Maksimumspoed | 100 km/h |
Kraglewering | 1640 kW wegtrek 1490 kW aanhoudend |
Trekkrag | 223 kN wegtrek 178 kN teen 24 km/h |
Hegfaktor | 25% wegtrek 20% aanhoudend |
Lokomotiefremme | 28-LV-1 met waakbeheer dinamiese rempiek: 165 kN teen 30 km/h |
450 ℓ hoofreservoir Kompressorkapasiteit: 0.029 m3/s Uitlaatkapasiteit teen hoë luierspoed: 0.116m3/s | |
Lokoremkrag | 70% verhouding teen 345 kPa remsilinderdruk |
Diensgeskiedenis | |
Gebruiker | Suid-Afrikaanse Spoorweë Spoornet Sheltam Soedanse Spoorweë Nkanamyn [1] |
Aantal in klas | 20 |
Vlootnommer(s) | 33-201 to 33-220 |
Bynaam | Brommer |
Plek gebruik | Oos-Londen |
Afleweringsdatum | 1966-1967 |
Eerste tog | 1966 |
Klas 33-200 is 'n tipe diesellokomotief - tegnies 'n diesel-elektriese lokomotief - wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebruik is.
Van Oktober 1966 tot Mei 1967 het die Suid-Afrikaanse Spoorweë twintig Klas 33-200 General Motors Electro-Motive Division tipe GL26MC diesel-elektriese lokomotiewe in hooflyndiens geplaas.[2]
Die Klas 33-200 reeks is verskaf deur General Motors se Electromotive Division. Die vervaardiger se nommer is GL26MC. Hulle is toegerus met 'n vierslag V16 nie-turboaangedrewe dieselenjin wat 'n gelykstroomgenerator en ses traksiemotors, wat op die aste geïnstalleer is, aandryf. Hulle is toegerus met dinamiese remme en doen diens in die Oos-Londenomgewing. Die reeks se kenmerk is 'n hoë neus voor die kajuit.[3]