Hierdie klavesimbel is die werk van twee gevierde makers: dit is oorspronklik gemaak deur Andreas Ruckers in Antwerpen (1646), en later gerenoveer en verbou deur Pascal Taskin in Parys (1780).
'n Klavesimbel is 'n snaarinstrument wat met toetse, oftewel sleutels, bespeel word. Die snare van 'n klavesimbel word gepluk of getokkel, anders as die klavichord en klavier , waar die snare aangeslaan word. Die klank van 'n klavesimbel is soortgelyk aan dié van 'n luit , maar harder. Iemand wat 'n klavesimbel speel word 'n klavesimbelspeler genoem.
Die virginaal en spinet was van die vroegste en eenvoudigste vorme van die klavesimbel. Voordat die klavier uitgevind is, was die klavesimbel, saam met die orrel , die belangrikste klawerbordinstrumente. [ 1]
Benjamin Alard (Frankryk)
Bob van Asperen (Nederland)
Pieter-Jan Belder (Nederland)
Thurston Dart (Verenigde Koninkryk)
Menno van Delft (Nederland)
Pascal Dubreuil (Frankryk)
Elizabeth Farr (Verenigde State)
Nicolau de Figueiredo (Brasilië) 1960-2016
Kenneth Gilbert (Kanada)
Gusta Goldschmidt (Nederland) 1913-2005
Pierre Hantaï (Frankryk)
Siebe Henstra (Nederland)
Christopher Hogwood (Engeland) 1941-2014
Johan Huys (België)
Christiane Jaccottet (Switserland) 1937-1999
Ralph Kirkpatrick (Verenigde Koninkryk) 1911-1984
Robert Kohnen (België)
Ton Koopman (Nederland)
Wanda Landowska (Frankryk - VSA ) 1879-1959
Françoise Lengellé (Frankryk)
Gustav Leonhardt (Nederland) 1928-2012
Davitt Moroney (Verenigde Koninkryk)
Gordon Murray (Kanada)
Nicholas Parle (Australië)
Trevor Pinnock (Engeland)
Blandine Rannou (Frankryk)
Ludger Rémy (Duitsland) 1949-2017
Karl Richter (Duitsland) 1926-1981
Jean Rondeau (Frankryk)
Scott Ross (Verenigde State) 1951-1989
Christophe Rousset (Frankryk)
Raymond Schroyens (België)
Reitze Smits (Nederland)
Johann Sonnleitner (Oostenryk)
Li Stadelmann (Duitsland) 1900-1993
Andreas Staier (Duitsland)
Masaaki Suzuki (Japan)
Colin Tilney (Verenigde Koninkryk)
Roswitha Trimborn (Oostenryk)
Jos Van Immerseel (België)
Anneke Uittenbosch (Nederland)
Robert Veyron-Lacroix (Frankryk) 1922-1991
Probleme met afspeel van hierdie lêer? Sien mediahulp .
Twee klaviere in swart-wit
Detail van die toetse
Ruckers-klavesimbel met skildery op die klep
Gedekoreerde klankbord en binnekant van die klep
Spinet.