Klavierkonsert in B-mol-majeur | |
---|---|
No. 2 | |
deur Ludwig van Beethoven | |
Die komponis om en by 1801. Hy het sy Weense debuut in 1795 in die Burgteater gemaak, moontlik met die uitvoering van die tweede klavierkonsert. | |
Styl | Klassiek (musiek)|Klassieke periode |
Opgevoer | 29 Maart 1795 Wene : |
Gepubliseer | 1801 |
Bewegings | Page Sjabloon:Hlist/styles.css has no content.
|
Partituur | Page Sjabloon:Hlist/styles.css has no content.
|
Die Klavierkonsert no. 2 in B-majeur, op. 19 deur Ludwig van Beethoven is hoofsaaklik tussen 1787 en 1789 gekomponeer, hoewel dit eers in 1795 die formaat gekry het waarin dit gepubliseer is. Beethoven het wel in 1798 ’n tweede finale daarvoor geskryf vir 'n uitvoering in Praag, maar dit is nie die finale wat uiteindelik gepubliseer is nie. Die konsert is deur die komponis gebruik as 'n voertuig vir sy eie optredes as 'n jong virtuoos, aanvanklik bedoel met die Bonn Hofkapelle.[1] Dit is in uiteindelik Desember 1801 as op. 19 gepubliseer – later as die publikasie in Maart dieselfde jaar van sy latere komposisie, wat vandag as die Klavierkonsert no. 1 in C-majeur, op. 15 bekendstaan, en het dus as sy tweede klavierkonsert bekend geword.[2]
Die tweede klavierkonsert was 'n belangrike vertoonstuk vir die jong Beethoven toe hy probeer het om homself te vestig nadat hy van Bonn na Wene verhuis het. Hy het dit moontlik op 29 Maart 1795 by Wene se Burgtheater uitgevoer in 'n konsert wat sy openbare debuut gevier het.[3] Dit is egter onduidelik om te bepaal of hierdie konsert (in B-majeur, op. 19) op daardie datum uitgevoer is, en of dit die eerste klavierkonsert (in C, op. 15) was (wat later as dié in B-majeur gekomponeer is).[3] Voor dié konsert het hy net in die privaat salonne van die Weense adel opgetree. Terwyl die werk as geheel baie met die concerto-styl van Mozart ooreenkom, is daar 'n gevoel van drama en kontras wat ook in baie van Beethoven se latere werke teenwoordig sou wees.[1] Beethoven self het hierdie werk klaarblyklik nie besonder hoog geag nie, en het aan die uitgewer Franz Anton Hoffmeister opgemerk dat dit, saam met die klavierkonsert nr. 1, nie een van sy bestes was nie.[4] Die pianis Peter Serkin merk egter op dat die feit dat Beethoven die cadenza van die eerste beweging veel later as die concerto gekomponeer het, eintlik op sy (Beethoven) se eie agting vir sy vroeë concerto dui.[5] Die weergawe wat hy moontlik in 1795 gepremière het, is die weergawe wat vandag uitgevoer en opgeneem word.
Die werk is geskryf vir klavier, fluit, twee hobo's, twee fagotte, twee horings en strykers; dit is die enigste van Beethoven se voltooide klavierkonserte waarin hy nie van klarinette, trompette en keteltromme gebruik maak nie. Die concerto bestaan uit drie bewegings:[6]
Die eerste beweging begin met 'n triomfantlike orkesopening op die tonikasleutel, en behou 'n speelsheid terwyl chromatiese passasies gebruik word om die solis se tegniek te vertoon. Die tweede beweging is kenmerkend rustig en vreedsaam, terwyl die slotrondo na die jeuggevulde speelsheid terugkeer wat in die openingsbeweging gehoor word.
Hierdie beweging is in die concerto-variant van sonatevorm ('n sonatevorm met dubbele eksposisie). Die orkes stel die hooftema en die subtema in sy uiteensetting bekend. Die tweede uiteensetting is in F-majeur. Die ontwikkeling dwaal deur toonsoorte en eindig op 'n lang B-mol-majeurtoonleer. Die rekapitulasie is soortgelyk aan die uiteensetting en is in B-mol-majeur.
Daar is 'n taamlik moeilike cadenza wat deur Beethoven self gekomponeer is, al is dit veel later as die concerto self gekomponeer. Stilisties verskil die cadenza baie van die concerto, maar dit maak gebruik van die eerste openingstema. Beethoven pas hierdie melodie op verskeie maniere op die cadenza toe, en verander elke keer sy karakter en vertoon die ontelbare maniere waarop 'n musikale tema gebruik en gevoel kan word.
Hierdie beweging is tussen 1787 en 1789 in Bonn geskryf. Uitvoerings duur gemiddeld tussen dertien en veertien minute lank.
Dié beweging is in E-mol-majeur, die subdominante toonsoort. Soos baie ander stadige bewegings het dit ABA (ternêre) vorm, waar die openingsgedeelte die temas bekendstel, en die middelste gedeelte dit ontwikkel. Hierdie beweging is tussen 1787 en 1789 in Bonn geskryf. Uitvoerings duur gemiddeld tussen agt en nege minute lank.
Hierdie beweging neem die vorm van 'n rondo (ABACABA) aan. Die speelsheid van Beethoven se vroeë tydperk kan hier gehoor word. Daar is 'n konstante hoekige gevoel binne die 6/8-melodie self waarop Beethoven speel met elke terugkeer van die rondo-tema. Die C-gedeelte is ook hoogs kontrasterend met die ander, synde dat dit in 'n mineur toonsoort is en meer kragtig en streng in betekenis is. Ook, voor die laaste verskyning van die rondotema, laat Beethoven die klavier in die "verkeerde" toonsoort van G-majeur inkom, voordat die orkes die teenstrydigheid "ontdek" en na die korrekte tonikatoonsoort terugkeer. Hierdie musikale grap kan in baie van Beethoven se daaropvolgende komposisies gehoor word.[7]
Hierdie rondo is die een wat Beethoven in 1795 geskryf het en daardie jaar in Wene gepremière het. Dit toon wel Haydn se invloed, veral in die gebruik van sonate-rondovorm. Uitvoerings duur gemiddeld tussen vyf en ses minute lank.