Kleinotter | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | Hydrictis |
Spesie: | H. maculicollis
|
Binomiale naam | |
Hydrictis maculicollis | |
Verspreiding | |
Sinonieme | |
|
Die Kleinotter (Lutra maculicollis) kom onder andere voor in die oostelike gedeelte van Suid-Afrika, die ooskus van Mosambiek en by die Okavango Delta in Botswana.
Die dier het 'n verlengde lyf en is slank gebou met 'n breë kop en is bruin met wit vlekke op sy keel en bors. Die Kleinotter verkies permanente riviere en vleie. Die soogdier word tot 100 cm lank terwyl die mannetjie 4.5 kg en die wyfie 3.5 swaar word.
Die Kleinotter is meer waterlewend as die Groototter en verlaat slegs die water om te rus of te ontlas. Die dier is lomp op land en is gewoonlik alleen en skemeraktief. Hulle eet vis, waterslakke, paddas en voëls. Hulle grootse vyande is luislange.
Twee tot drie kleintjies word in die somer gebore.