Kliplikkewaan | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Subgenus: | V. (Polydaedalus)
|
Spesie: | V. albigularis
|
Binomiale naam | |
Varanus albigularis |
Die kliplikkewaan (Varanus albiguralis) is 'n likkewaan wat voorkom oor feitlik die hele Suid-Afrika met die uitsondering van die westelike gedeeltes. Die reptiel leef in ruigtes, boomveld en koppies.
Die likkewaan word 100 – 150 cm lank en weeg 12 – 15 kg; dit is 'n massiewe droëgrondakkedis met 'n geronde snoet. Die volwasse likkewaan se rugkant is grysbruin, die pens bleekgeel met donker kolle en dwarsstrepe. Die onvolwasse likkewaan is helderder van kleur.
Een van sy natuurlike vyande is die breëkoparend.