Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Oostenryk |
Deelstaat | Neder-Oostenryk |
Distrik | Tulln |
Koördinate | 48°18′N 16°20′O / 48.300°N 16.333°O |
Stigting | Voor 1108 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 76,2 vk km |
Hoogte bo seevlak | 192 m |
Bevolking: | |
- Totaal (1 Januarie 2016) | 26 750 |
- Bevolkingsdigtheid | 351/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
Somertyd | UTC +2 (MET) |
Burgemeester | Stefan Schmuckenschlager |
Amptelike Webwerf | www.klosterneuburg.at |
Klosterneuburg is 'n stad in die distrik Tulln van die Oostenrykse deelstaat Neder-Oostenryk met 'n bevolking van 26 750 (soos op 1 Januarie 2016). Die stad, wat net buite die Oostenrykse hoofstad Wene aan die Donau se regteroewer in die Wienerwald-bosgebied geleë is, staan veral bekend vir die Augustyne-klooster Stift Klosterneuburg en sy beroemde Verdun-altaar van 1181 wat as een van die belangrikste kunswerke uit die Middeleeue beskou word.[1] Die klooster se wyngoed - die oudste in Oostenryk - dateer uit die vroeë 12de eeu.[2]