Algemeen | |
---|---|
Naam | Kobalt(II,III)oksied |
Chemiese formule | Co3O4 |
Molêre massa | 240,80 [g/mol][1] |
CAS-nommer | 1308-06-1[1] |
Voorkoms | donkergrys vastestof[1] |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | a= 807,1 [2] |
Ruimtegroep | Fd3m |
Nommer | 227 |
Strukturbericht | H1₁ |
Smeltpunt | 895 °C[1] |
Kookpunt | |
Digtheid | 6,11 [1] |
Oplosbaarheid | onoplosbaar in water[1] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | nie-brandbaar |
LD50 | >5000 mg/kg (rot; oraal)[1] |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Kobalt(II,III)oksied is 'n gemengdevalensieverbinding van kobalt en suurstof met chemiese formule Co3O4. Dit is 'n swart oksied waarin kobalt in twee oksidasietoestande voorkom: Co2+ en Co3+. Dit is 'n antiferromagneet onder T=40K. Deur sy gemengdevalensiekarakter besit dit sterk optiese absorpties in die sigbare en infrarooigebeid van die elektromagnetiese spektrum. [3]
Kobalt(II,III)oksied kistalliseer in die normale kubiese spinelstruktuur, was met H11 aangedui word in die strukturbericht-klassifikasie. Die Co2+-ione het 'n hoëspin 3d7-konfigurasie en bevolk die tetraëderholtes in die kubiese digpakking van die oksiedione. Die Co3+-ioon het 'n laespin 3d6-konfigurasie en bevind hom in die oktaëderholtes.
Dit verskil met die yster(II,III)oksied Fe3O4 (magnetiet) wat 'n omgekeerde spinelstruktuur het. Albei die Fe2+ en Fe3+-ione is in 'n hoëspintoestand. Die helfte van die driewaardige ione bevolk die tetraëderholtes. Die oktaëders is besit deur Fe2+ en Fe3+-ione.
Hoewel die beide stukture diezelfde simmetrie besit is daar 'n gaping in die mengreeks FexCo3-xO4 vir 0,76<x<0,93. Onder x=0,76 word mengkristalle met die normale spinelstruktuur gevind. Bokant 0,93 die omgekeerde een.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)