Koenasjir | |
---|---|
Eiland van die Koerile | |
Kaap Stolbtsjati aan die weskus van die eiland.
| |
Ligging | See van Ochotsk |
Plaaslike naam | Кунаши́р クナシㇼ 国後島 |
Argipel | Koerile |
Oppervlakte | 1 490 km2 |
Lengte | 123 km |
Breedte | 4 km |
Hoogste berg | Tjatja |
Hoogte | 1 819 m |
Land | Rusland |
Deelgebied | Sachalin-oblast |
Bevolking | Sowat 7 000 (2007) |
Betwis deur | Japan |
Koenasjir (Russies: Кунаши́р, Japannees, 国後島, Kunashiri-tō, Ainoe: クナシㇼ, Koena=sir), met die moontlike betekenis van "Swart Eiland" of "Graseiland" in Ainoe, is die suidelikste eiland van die Koerile-argipel in die See van Ochotsk, noordwestelike Stille Oseaan. Die eiland is tans onder Russiese beheer, maar Japan maak ook daarop aanspraak.
Die berge is oortrek van berke- en dwergdennebome, kruidagtige blomme of kaal rotse. Die kerns van eeue oue eiekebome, Quercus crispula, is in Julie 2001 op die eiland ontdek.[1]