Koi | |
---|---|
Gedomestikeerd
| |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | |
Subspesie: | C. c. haematopterus
|
Trinomiale naam | |
Cyprinus carpio haematopterus[1] (Linnaeus, 1758)
|
Koi (Cyprynis carpio) is gewilde ornamentele visse soortgelyk aan die goudvis. Die woord koi kom van die Japannese woord wat karp beteken want alle koi-visse is karpe. Die ornamentele koi word meer spesifiek nishikigoi genoem. Koi kan 'n redelike lang lewe hê en daar is historiese bewyse dat sommige koi oor 'n honderd jaar oud kan word.
Koitelery het gewild begin word in die 18de eeu in Japan. Rysboere het gekleurde karpe uitgesoek en hulle so begin teel. Die buitewêreld het koi eers ontdek in 1914 toe van hulle as 'n geskenk deur Keiser Hirohito gegee is. Daarna het die aanvraag na koi gegroei en vandag is hierdie gekleurde karpvisse volop beskikbaar en word dwarsoor die wêreld geteel.
Koi kom in verskeie kleure voor. Oranje, rooi, geel, wit en swart kom die meeste voor. Die volgende is die mees dominante variasies:
Koi is sterk visse en kan maklik aangehou word. Hulle is kouewatervisse so enige skoudam moet ten minste 1,5 meter diep wees. Omdat koi helder kleure het, is hulle maklike prooi vir roofdiere en is dit aanbevole om 'n skuiling oor 'n skoudam te plaas.
Koi en alle karpverwante visse het 'n vinnige metabolisme en sodoende kan hulle maklik hul eie water besoedel, dus is dit noodsaaklik om 'n goeie filterpomp in 'n visdam te installeer.