Die Kollege van Kardinale (Collegium Cardinalium) bestaan uit alle kardinale van die Rooms-Katolieke Kerk.[1][2][3] Die kollege vervul twee pligte in die Kerk:
Die kollege het geen uitvoerende mag nie, behalwe tydens 'n sedis vacatio. Selfs dan is die mag beperk tot die afhandeling van dringende sake en moet die besluite naderhand bekragtig word deur die nuwe pous. Die riglyne vir die magte van die kollege is neergelê in die Apostoliese konstitusie van Pous Johannes Paulus II met die naam "Universi Dominici Gregis".
Die grootte van die kollege is vir 'n lang tyd deur Pous Sixtus V in 1588 vasgestel op 70 kardinale. (volgens die oorlewering was dit die aantal van Jesus se onmiddellike dissipels) Pous Johannes XXIII was die eerste pous wat die aantal oorskry het, origens sonder om die dekreet van Sixtus te verander. By sy afsterwe in 1963 het die kollege 82 kardinale gehad. Pous Paulus VI het die huidige reglement ingestel. Tydens die konsistorie van 22 Februarie 1965 het hy 27 kardinale aangestel en die totale aantal het 100 oorskry. In sy motu proprio "Ingravescentem Aetatem" bepaal hy dat kardinale wat 80 jaar of ouer is geen stemreg in die konklaaf het nie. Hulle bly egter wel lid van die kollege van kardinale. Slegs 120 stemgeregtigde kardinale mag aan 'n konklaaf deelneem. Soms stel die pous wel meer as 120 stemgeregtigde kardinale aan omdat hy die 80ste verjaarsdag van kardinale vooruit loop. Daar is geen vaste reëling van wat sou gebeur as daar 'n konklaaf sou plaasvind waar meer as 120 kardinale stemgeregtig is.
Die pous of in sy afwesigheid die deken van die kollege is die voorsitter by die vergaderings.
Kardinale word benoem in verskillende range.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal. |