Kolomna Коломна | |
---|---|
Stad | |
Die middestad van Kolomna | |
Die ligging van Moskou-oblast in Rusland | |
Koördinate: 55°05′0″N 38°47′0″O / 55.08333°N 38.78333°O | |
Land | Rusland |
Deelgebied | Moskou-oblast |
Stigting | 1177 |
Stadstatus | 1177 |
Regering | |
• Tipe | Stad-okroeg |
• Burgemeester | Waleri Sjoewalof |
Oppervlak | |
• Totaal | 65,1 km2 (25,1 vk. myl) |
Hoogte | 125 m (410 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 144 707 |
• Digtheid | 2 272/km2 (5 880/vk. myl) |
Tydsone | UTC+04:00 (MSK) |
Poskode | 140400–140415 |
Skakelkodes | 7 4966 |
Webwerf | kolomnagrad.ru |
Kolomna (Russies: Коло́мна) is 'n stad in die Russiese Federasie met 144 707 inwoners (2013). Die antieke stad is in die Moskou-oblast, geleë by die samevloei van die Moskwa- en die Okarivier. Die stad is in 1177 gestig. Dit is tans die administratiewe sentrum van die Kolomenski-distrik van die Moskou-oblast.
Soos baie antieke Russiese stede het Kolomna 'n kremlin, wat 'n fort is soortgelyk aan die meer beroemde een in Moskou (dit is ook uit rooi bakstene gebou). Die kremlin was 'n onderdeel van die Groot Abatis-grens, 'n reeks forte wat gebou is om die Tsaredom van Rusland teen invalle van die Krim-Tatare te beskerm. Verskeie torings en twee stukke muur het behoue gebly en is in 'n goeie toestand; 'n museum is binne-in geleë.