Konagamana Boeddha | ||
’n Standbeeld van Konagamana Boeddha. | ||
Ander name | Kanakamuni (Sanskrit) | |
Persoonlik | ||
Gebore | Op ’n Woensdag in Subhagavatipark, Sobhavati (nou in Nepal) | |
Loopbaan | ||
Titel | Die Boeddha | |
Voorganger | Kakusandha Boeddha | |
Opvolger | Kassapa Boeddha |
Vertalings | ||
Sanskrit | Kanakamuni | |
Pali | Koṇāgamana | |
Singalees | කෝනාගමන බුදු රජානන් වහන්සේ | |
Tibettaans | Serthub | |
Viëtnamees | Phật Câu Na Hàm Mâu Ni | |
Tradisionele Sjinees | 拘那含牟尼 | |
Mongools | Канагамуни (Kanagamuni) | |
Japannees | 拘那含牟尼; くなごんむに (Koenagonmoeni) |
Konagamana (Pali) of Kanakamuni (Sanskrit) is een van die antieke Boeddhas wie se biografie aangeteken is in die Boeddhavamsa,[1] een van die boeke van die Pali-kanon.
Volgens die Theravada-Boeddhistiese tradisie is hy die 26ste van die 29 Boeddhas wie se naam bekend is, die 5de van die Sewe Boeddhas van die Antieke Tyd, en die 2de van die vyf Boeddhas van die huidige kalpa.[2]
Die huidige kalpa word die bhadrakalpa ("Gunstige Eon") genoem. Die vyf Boeddhas van dié eon is:[3][4]
Konagamana is op ’n Woensdag[5] gebore in Subhagavatipark in Sobhavati[1] (nou in Nepal).