Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Kongola | |
---|---|
Nedersetting | |
Koördinate: 17°48′S 23°23′E / 17.800°S 23.383°O | |
Land | Namibië |
Streek | Sambesi |
Kiesafdeling | Kongola-kiesafdeling |
Tydsone | UTC+2 (Suid-Afrikaanse Standaardtyd) |
Klimaat | Halfwoestyn |
Kongola is 'n nedersetting in die Kaprivistrook in Namibië en die distrikhoofstad van die kiesafdeling Kongola in die Sambesi-streek. Dit is geleë op die nasionale pad B8 (Otavi - Katima Mulilo). Kongola het 'n vulstasie en 'n groothandelaar. Alhoewel die dorp aan 'n nasionale kraglyn geleë is, is dit nog nie aan die elektrisiteitsnetwerk gekoppel nie. Daar is ook geen toegang tot veilige water in Kongola nie.