Algemeen | |
---|---|
Naam | Koper(I)oksied |
Chemiese formule | Cu2O |
Molêre massa | 143,09 [g/mol][1] |
CAS-nommer | 1317-39-1[1] |
Voorkoms | baksteenrooi,[1] grys |
Reuk | Reukloos [1] |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | a= 426,7 pm [2]; a=426,85(5) pm[3] |
Ruimtegroep | Pn3m[2] |
Nommer | 224 |
Strukturbericht | C3 |
Smeltpunt | 1232 °C[1] |
Kookpunt | 1800 °C[1] |
Digtheid | |
Oplosbaarheid | onoplosbaar[1] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | nie-brandbaar |
LD50 | 928-2000 [mg/kg][1] |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Koper(I)oksied is 'n oksied van koper in sy +1 oksidasietoestand.
As koper teen 700 tot 900°C in lug verhit word vorm hierdie oksied op sy oppervlak as 'n donkergrys laag. In poeiervorm is dit rooi soos baksteen. As mineraal is dit as kupriet bekend.
Die stof is 'n halfgeleier met bandgaping 2,1 eV, wat sy rooi kleur verklaar.
Koper(I)oksied kristalliseer in 'n kubiese struktuur wat die argetipe is van die C3-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie. [2] Die stuktuur bevat twee interpenetrerende roosters. Die koperatome vorm 'n vlakgesentreerde rooster (F) en die suurstofatome 'n liggaamsgesentreerde een (I).
Die posisies in die sel is:
atoom | posisie | koördinate | puntsimmetrie |
Cu | 4(b) | 0,0,0 | 3m |
O | 2(a) | ¼,¼,¼ | 43m |
Die suurstofatome het 'n tetraëdriese omringing. Die koperatome het a lineêre O-Cu-O omringing in die rigting van die [111]-as. Die Cu-O afstand is 184,8 pm. Koper se lae tweevoudige koördinasie beteken dat die binding nie heeltemal ionogeen is nie. Sorgvuldige X-straaldiffraksiemetings wys dat die ladingsverdeling beter as Cu2+0,6O-1,2 weergegee kan word. Die koperatoom se vibrasies is anisotroop. Die anisotropieparameter U12(Cu) is negatief. Dit gee aan dat die atoom liewer in die rigting loodreg op [111] (die Cu-O binding se rigting) tril.[3]
Koper(I)oksied is onoplosbaar in water of organiese oplosmiddels, maar dit los goed op in gekonsenstreerde ammoniakoplossings vanweë die vorming van 'n kleurlose komplekse ioon Cu(NH3)+4. Die Cu+-ioon het die elektronkonfigurasie [Ar]3d10 wat verklaar dat dit geen d-d- of ladingsoordragoorgange vertoon en kleurloos bly. Die oplossing kan egter maklik blou kleur as suurstof uit de lug die koperioon oksideer na sy +2 oksidasietoestand en die ioon [Cu(NH3)4(H2O)2]2+ gevorm word.[4]
Die werking van Fehling se toets berus op die vorming van 'n koper(I)oksiedneerslag.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)