'n Koppelteken is 'n leesteken wat dieselfde as 'n minusteken lyk en word gebruik om verskillende begrippe met mekaar te verbind.
Dus, wanneer 'n woord uit 'n samestelling van meer as een woord bestaan, soos bv. tennis + baan = tennisbaan, word 'n koppelteken gebruik slegs om verwarring te voorkom of om leesbaarheid te verbeter. In baie gevalle moet eie oordeel gebruik word, maar wees altyd versigtig om nie die koppelteken onnodig te gebruik nie. In baie gevalle kan 'n saamgestelde woord sonder 'n koppelteken geskryf word. As jy twyfel oor watter koppeltekenreël hieronder toegepas moet word op 'n saamgestelde woord, skryf altyd eers die woord sonder 'n koppelteken: As dit verstaanbaar is, los dit so. As dit verwarrend of moeilik is om te lees, gebruik 'n koppelteken.
Waar daar 'n opeenhoping van vokale is, word 'n koppelteken gebruik om lees te vergemaklik.
As die woord 'n samestelling tussen 'n stam en 'n voorvoegsel is waarvan die voegsel van klassieke afkoms is, en daar 'n klinkeropeenhoping plaasvind, kan 'n koppelteken óf 'n deelteken gebruik. Beide skryftekens is korrek, maar die Taalkommissie meen dat (a) voegsels met meer as een lettergreep neig om met 'n koppelteken gespel te word, en (b) voegsels in die vorm =[a]+[a]= en =[o]+[o]= neig om 'n koppelteken te gebruik.
Voorbeelde:
Let wel, gebruik eie oordeel. Die volgende woorde kan sonder 'n koppelteken geskryf word:
'n Koppelteken word gebruik om die betekenis van die woord duidelik te maak. Sonder die koppelteken, kan die betekenis meerduidig wees. Bv:
hidro-elektries, multi-etnies ('n mens kan redeneer dat hierdie ook 'n opeenhoping van vokale is)
Let egter op dele wat saam hoort:
Hier moet ook meestal eie diskresie gebruik word:
'n Koppelteken kan tussen dele geplaas word, bv: aan-af-skakelaar, soet-suur, ja-nee-toets, Pta-Jhb-pad, manies-depressief (wat eintlik beteken "manies en depressies", nie "manies depressief" nie)
In 'n samestelling waar die tweede woorddeel met 'n hoofletter begin (dus 'n eienaam is, en waar 'n koppelteken gebruik word, behou daardie woorddeel sy hoofletter.
Bv: half-Brits, nie-Christen, pro-Frans, pro-Russies, anti-Amerikaans, anti-Sjinees, rooi-Chinees, nie-Duitsers, nie-Bybelse, trans-Baviaans
Samestellings in die vorm [eks|nie|non|oud|pro|anti|pre|post][nie-eienaam] kry nie 'n koppelteken nie:
Samestellings in die vorm [eks|nie|non|oud][eienaam] kry wel 'n koppelteken en die eienaam behou sy hoofletter:
Uitsonderings is natuurlik samestellings met "isme", waar die hoofletter opsioneel is, in welke geval die koppelteken dus ook opsioneel sal wees.
Neem kennis dat daar beter voorvoegsels as "eks" gebruik kan word, byvoorbeeldː oudgevangene, gewese gevangene, voormalige gevangene, gewese man (i.p.v. eksman), ensovoorts.
Bv: so-so, toi-toi.
Reduplikasies (woorde wat herhaal word in 'n woord) kry 'n koppelteken, en dit geld vir afleidings ook. Dus word "tok-tokkie" met 'n koppelteken geskryf, anders as vroeër.
Samestellings met sulke reduplikasies word met 'n verdere koppelteken geskryf, byvoorbeeld dum-dum-koeël (en nie "dum-dumkoeël" nie). As daar 'n afkapteken in die middel van die woord is, en dis ook 'n reduplikasie, kom daar ook 'n koppelteken.
Gedeeltelike reduplikasies kry geen koppelteken nie, dus tiptop en pingpong (nie tip-top en ping-pong nie, behalwe in gevalle soos waar die woord beteken "tip en top" en "ping of pong").
As 'n reduplikasie plaasvind by 'n bestaande woord waarvan die eerste deel geredupliseer word, kom daar wel 'n koppelteken, byvoorbeeld "hondmak" en "hond-hondmak" (die eerste woord was hondmak, nie hond-hond nie).
'n Samestelling met so 'n woord en nog 'n woord, geskied met nóg 'n koppelteken, byvoorbeeld piet-my-vrou-wyfie (nie piet-my-vrouwyfie nie). Dié reël geld egter net as dit 'n woordding is wat gewoonlik gekoppeld saam voorkom. Samestellings van woordgroepe waar die eerste woordgroep nie as los groep gekoppel sou word nie, hoef nie 'n koppelteken te kry nie. Dus is "kaas-en-wyn-okkasie" en "kaas-en-wynokkasie" beide korrek, want "kaas en wyn" as een woord wat 'n enkele ding beskryf, bestaan nie. Tog kan jy praat van "'n kaas-en-wyn", maar dis eintlik 'n informele inkorting van die langer woord. As die woordding of woorddeel egter 'n byvoeglike funksie het, word dit sonder koppelteken los geskryf, byvoorbeeld "voor die hand liggende oplossing" en "op en wakker studente" (nie "voor-die-hand-liggende oplossing" of "op-en-wakker studente" nie). Woorddinge soos dié waarvan ons hier praat, se agtervoegsels word nie gekoppel met 'n koppelteken nie.
Samestellings van eiename of persoonsagtige name met "-hulle", kry 'n koppelteken:
Piet-hulle, vrouens-goed
Samestellings met meer as een eienaam: gebruik 'n koppelteken tussen die eiename.
'n Mens kan 'n koppelteken gebruik tussen die eienaam en die daaropvolgende woord (gewoonlik 'n selfstandige naamwoord).
Al die volgende is korrek:
Indien jy egter die reël toepas om nie onnodige koppeltekens te gebruik nie, sal jy eerder eersgenoemde gebruik.
Die volgende is beide korrek:
Telwoorde en breuke waarin "en" voorkom, kan óf los óf met 'n koppelteken geskryf word, maar nie vas nie.
Dus, beide "drie-en-veertig" en "drie en veertig" is korrek.
As 'n leenwoord in sy oorspronklike taal 'n koppelteken het, behou hy sy koppelteken in Afrikaans.
As jy 'n vaste uitdrukking in 'n vreemde taal met 'n Afrikaanse woord koppel, gebruik jy 'n koppelteken tussen die laaste woord van die uitdrukking en die Afrikaanse woord, byvoorbeeld "en suite-badkamer" of "ex parte-aansoek", en nie "en-suite-badkamer" of "ex-parte-aansoek" nie.
Saamgestelde rigtings (soos windrigtings) word met 'n koppelteken geskryf bv noord-wes, suid-oos, suid-suid-wes, ens.
Wanneer dit deel van 'n naam vorm, word dit met 'n hoofletter gespel, bv Noord-Wes Europa.
Mense wat dubbelname het, dus 'n samestelling van twee eiename, kan met of sonder 'n koppelteken geskryf word, maar as dit 'n koppelteken kry, dan begin albei met 'n hoofletter. Bv:
Rangsamestellings met adjunk, assessor, assistent, hoof, kandidaat, leerling, mede, onder, staf, sub, en visie as eerste lid kry geen koppelteken nie. Bv: assistentoffisier, hoofklerk, leerlingbestuurder, medebestuurder, ondervoorsitter, medebroer.
Saamgestelde range wat samestellings van twee range is (dus nie net 'n voegsel plus 'n rang nie) kry wel 'n koppelteken. Sulke saamgestelde range kry ekstra koppeltekens by as daar voegsels vooraan gesit word. Bv: hoofspeurder, en speurder-sersant, en hoof-speurder-sersant (nie hoofspeurder-sersant nie).
Korrekte gebruik | Verkeerde gebruik | Opmerkings |
---|---|---|
Ek ry Kaap toe. | Ek ry Kaap-toe. | |
vinkpopulasie | vink-populasie | 'n Koppelteken word nie gewoonlik gebruik omdat 'n woord lank is nie, maar dit is nie 'n fout nie. |
Dinsdagoggend | Dinsdag-oggend | |
Woensdagaand | Woensdag-aand | |
Die seun is 12 jaar oud. | Die seun is 12-jaar oud. | |
voor die hand liggend | voor-die-hand-liggend |