Kowloon 九龍 / Gáulùhng | |
---|---|
Stad | |
Kowloon gesien van Hongkong-eiland | |
Byname: Draakstad" | |
Koördinate: 22°19′N 114°11′O / 22.317°N 114.183°O | |
Land | Volksrepubliek China |
Spesiale administratiewe streek | Hongkong |
Oppervlak | |
• Totaal | 67 km2 (26 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 2 108 419 |
• Digtheid | 43 033/km2 (111 450/vk. myl) |
Kowloon (Tradisionele Chinees: 九龍; Vereenvoudigde Chinees: 九龙; pinyin: Jiǔlóng) is 'n gebied in Hongkong.
In die hedendaagse Hongkong staan die naam Kowloon vir die distrik wat bestaan uit die Kowloon-skiereiland en New Kowloon. Hierdie gebied word begrens deur die Lei Yue Mun-kanaal in die ooste, Mei Foo Sun Chuen en Stonecutters-eiland in die weste, Tate's Cairn en Lion Rock in die noorde, en Victoria Harbour in die suide. Die bevolking het in 2011 op 2 108 419 gestaan. As gevolg van die klein oppervlak van Kowloon (67 km²), is die bevolkingsdigtheid uiters hoog, nl. 43 000 inwoners/km².
Ná die Hongkong-eiland was Kowloon die eerste gebied wat in 1849 onder Britse bewind gekom het en uiteindelik deel geword het van die kroonkolonie van Hongkong. Saam met Hongkong-eiland is Kowloon verantwoordelik vir 47% van die totale bevolking van Hongkong.
Kowloon is noord van die Hongkong-eiland, oorkant die Victoria-hawe, geleë. Dit is suid van die New Territories geleë, en aangrensend aan die vasteland van China (Volksrepubliek China).
Suid-Kowloon is die tuiste van Mong Kok en Tsim Sha Tsui, een van die besigste toeristegebiede in Hongkong.
Hongkong (en dus ook Kowloon) het een van die besfunksionerende openbare vervoerstelsels. Dit verander nie die feit dat daar soms lang toue tydens spitstye kan ontstaan nie. Die hoofweg is Nathan Road.
Daar is verskillende tipes openbare vervoer wat geheel of gedeeltelik deur Kowloon loop: