Kreupelhout | |
---|---|
Kreupelhout op Tafelberg. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Leucospermum |
Spesie: | L. conocarpodendron
|
Binomiale naam | |
Leucospermum conocarpodendron (L.) H.Buek, 1874
| |
Sinonieme | |
|
Die kreupelhout (Leucospermum conocarpodendron) is 'n kompakte boom wat endemies aan Suid-Afrika is en net in die suidelike Wes-Kaap vanaf Duiwelspiek tot by Llandudno voorkom en deel van die fynbos-bioom is. Die boom het 'n ronde kroon maar die takke is kwasterig, verdraaid en ineengestrengel. Die verdraaide takke het die boom sy naam gegee. Dit word deur die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur (IUBN) geklassifiseer as 'n kwesbare spesie. Die boom se FSA-nommer is 84.[1]
Daar is ook 'n subspesie Leucospermum conocarpodendron viridum[2] geklassisifiseer deur Rourke en die oorspronklike spesie staan taksonomies bekend as Leucospermum conocarpodendron conocarpodendron.
Die subspesie viridum kom voor op die oostelike hellings van die Kaapse Skiereiland vanaf Nuweland en Kirstenbosch tot by die suide van die skiereiland, asook by Kogelberg, Franschhoek, Houhoek en Stanford. Die subspesie se FSA-nommer is 84.1.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Leucospermum conocarpodendron. |