16 nasionale krieketspanne het aan die Krieketwêreldbeker 2007 deelgeneem: Die destydse tien toetskrieketlande (Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe), saam met die ses beste spanne van die IKK-trofee 2005 (Bermuda, Ierland, Kanada, Kenia, Nederland en Skotland), meer as by enige ander krieketwêreldbeker. Tydens die Krieketwêreldbeker 2007 is 51 wedstryde gespeel, drie minder as tydens die vorige Krieketwêreldbeker 2003 (ondanks twee bykomende deelnemende spanne). Die spanne is in vier groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die Super Agt gekwalifiseer, waarvandaan die vier beste spanne vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners mekaar in die eindstryd ontmoet het. Elke wedstryd het uit 50 boulbeurte per span bestaan.[3]
Australië, Nieu-Seeland, Sri Lanka en Suid-Afrika het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Australië het Suid-Afrika en Sri Lanka het Nieu-Seeland geklop, voordat die verdedigende kampioen Australië die eindstryd op Kensington-ovaal in Barbados teen Sri Lanka met 53 lopies (D/L-metode) gewen en sodoende sy vierde titel ingepalm en as enigste land tot dusver ’n driekuns behaal het.[4] Die nasionale krieketspanne van Bermuda en Ierland het vir die eerste keer aan ’n krieketwêreldbekertoernooi deelgeneem. Dit is tot dusver die enigste krieketwêreldbeker waaraan drie spanne van die Amerikas en vier van Europa deelgeneem het.
Australië se onoorwonne rekord in die toernooi het hul totaal tot 29 agtereenvolgende krieketwêreldbekerwedstryde sonder ’n nederlaag verhoog, ’n reeks wat op 23 Mei 1999, tydens die groepfase van die Krieketwêreldbeker 1999, begin het. Die toernooi het ook ontsteltenisse en verassingsuitslae gesien, toe die toernooigunstelinge Indië en Pakistan nie die Super Agt gehaal het nie, terwyl Bangladesj, destyds die tweede laagste volle lid op die IKR se EDI-ranglys, en die wêreldbekerdebutant Ierland, destyds ’n assosiaatlid, die Super Agt gehaal het deur onderskeidelik Indië en Pakistan te verslaan. Ierland het daarmee ná Kenia in 2003 die tweede assosiaatlid geword wat die tweede rondte van ’n krieketwêreldbekertoernooi gehaal het.[5] Pakistan se destydse afrigter Bob Woolmer is een dag ná die uitskakeling van sy span dood aangetref. Die daaropvolgende dag het die Jamaikaanse polisie aangekondig dat sy dood agterdogtig was en ’n volledige ondersoek aanbeveel.[6] Agt maande later het die polisie die saak gesluit verklaar ná die goedkeuring van ’n openbare beslissing deur ’n elf-lede-jurie.[7]
Na aanleiding van die toernooi het die IKR toernooi-inkomste van $239 miljoen onder sy lede verdeel.[8] Die Krieketwêreldbeker 2007 is aanvanklik as ’n ramp bestempel, aangevoer is die relatief lang duur met 51 wedstryde (die meeste ooit) in vier fases oor 47 dae, die lang reisafstand tussen die eilande, die Pakistanse afrigter se dood en die aansluitende langdurige ondersoek, die vroeë uitskakeling van beide Indië en Pakistan, asook die omstrede handhawing van die slegte weersomstandighede tydens die eindstryd deur die skeidsregters.[9] Die toernooi word egter ook as die mees inklusiewe krieketwêreldbekertoernooi beskou, aangesien vir die enigste keer 16 spanne kon deelneem en gedurende die groepfase al die spanne in kleiner groepe ’n billike kans op vordering gehad het.[10]
Die Krieketwêreldbeker 2007 is volgens die Internasionale Krieketraad se rotasiebeleid toegewys aan Wes-Indië. Dit is die eerste keer dat die krieketwêreldbekertoernooi in die Karibiese eilande gehou is, ten spyte van die feit dat die Wes-Indiese nasionale krieketspan destyds die tweede suksesvolste span in die geskiedenis van die krieketwêreldbekertoernooi was.[11] Oorspronklik het die Bahamas, Bermuda en die Verenigde State deel gevorm van die Wes-Indiese eilande se bod vir die Krieketwêreldbeker 2007.[12] Dié toernooi is egter aan die sewe Wes-Indiese eilandstateAntigua en Barbuda, Barbados, Grenada, Jamaika, St. Kitts en Nevis, St. Lucia en Trinidad en Tobago, asook Guyana toegewys.[13]
Die volgende 16 spanne het vir die Krieketwêreldbeker 2007 gekwalifiseer: Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië (gasheer) en Zimbabwe het as volle lede van die Internasionale Krieketraad met toetskrieketstatus regstreeks vir die Krieketwêreldbeker 2007 gekwalifiseer. Bermuda, Ierland, Kanada, Kenia, Nederland en Skotland was spanne sonder toetsstatus en het tydens die IKR-trofee 2005 gekwalifiseer.
Agt plekke regoor die Wes-Indiese eilande is gekies om die krieketwêreldbekertoernooi aan te bied. Al die gasheerlande het ses wedstryde elk aangebied met die uitsonderings van St. Lucia, Jamaika en Barbados (wat die eindstryd gehuisves het), waar sewe wedstryde elk gespeel is.
Die Jamaikaanse regering het $81 miljioen vir stadionopknapping spandeer.[14] Dit sluit in die opknapping van Sabinapark en die oprigting van die nuwe veeldoelige gerief in Trelawny deur ’n lening van die Volksrepubliek China. ’n Verdere $20 miljioen is spandeer vir ander infrastruktuur, waarvolgens die algehele uitgawes meer as $100 miljioen of JM$7 miljard beloop het. Daarmee het die opknappingskoste van Sabinapark $46 miljioen beloop, terwyl die Trelawny-stadion se koste op sowat $35 miljioen geskat is.[15][16] Die algehele uitgawes vir stadions het op sowat $301 miljioen beloop. Die Brian Lara-stadion in Trinidad was sy plek op 21 September 2006 kwyt.[17]
Die Verenigde State het voorgestel dat wedstryde in die nuut opgerigte Sentrale Browardpark van Lauderhill, Florida, gespeel word, maar die IKR het dié aansoek verwerp en al die wedstryde aan Karibiese lande toegewys. Die krieketstadion is in 2007 opgerig en was destyds die enigste met internasionale toetsstatus in die Verenigde State.[18]
Die Krieketwêreldbeker 2007 is oor 49 dae tussen 16 verskillende spanne oor 51 wedstryde beslis. Dit het op 13 Maart 2007 op Sabinapark in Kingston, Jamaika, met die openingswedstryd tussen die gasheer Wes-Indië en Pakistan begin. Die toernooi het geëindig op Kensington-ovaal in Bridgetown, Barbados, op 28 April met die eindstryd tussen Australië en Sri Lanka, waartydens Australië die Krieketwêreldbekertrofee verdedig het.
Die volgende tabel dui die Krieketwêreldbeker 2007 se daaglikse program aan. ’n Rooi blokkie dui op beide die openings- en sluitingseremonie, ’n pers blokkie op wedstryde tydens die groepfase, ’n siaan blokkie op die Super Agt, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
Australië, Indië, Engeland en Wes-Indië is om logistieke redes in verskeie groepe geplaas, aangesien hulle volgens verwagtinge die meeste ondersteuners sou hê en die vervoer- en akkomodasiekapasiteit in Wes-Indië beperk is.[19] Elke land moes teen 13 Februarie 2007 ’n finale lys van 15 spelers vir die toernooi aan die Internasionale Krieketraad voorlê. ’n Beseerde speler kon enige tyd tot aan die einde van die toernooi vervang word.[20]
Die Krieketwêreldbeker 2007 is deur 16 nasionale krieketspanne beslis. Vir die groepfase is die 16 deelnemende spanne in vier groepe van vier elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die twee beste spanne van elke groep het na die Super Agt deurgedring.[21][22]
In die Super Agt-rondte het elke span teen die spanne gespeel, waarteen in die groepfase geen wedstryde gespeel is nie. Spanne wat alreeds in die groepfase ontmoet het, het nie teen mekaar gespeel nie en die punte van dié wedstryde is na die Super Agt-rondte se tabel oorgedra.
Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die vier beste spanne van die Super Agt het na die uitklopfase deurgedring. Die eerste span het teen die vierde span en die tweede span teen die derde span in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wedstryd deur ’n uitboul beslis.
Herschelle Gibbs (RSA) slaan die meeste sesse (6) in een enkele EDI-kolfbeurt en teken die meeste lopies (36) in ’n krieketwêreldbekerboulbeurt aan.[25][26]
Suid-Afrika slaan die meeste sesse (18) tydens een enkele EDI-kolfbeurt – later oortref deur Indië tydens dieselfde toernooi.[25]
Mark Boucher (RSA) teken die destyds vinnigste krieketwêreldbekervyftigtal aan (in 21 aflewerings)[25] – later oortref deur Brendon McCullum (NZ) tydens dieselfde toernooi.[27]
Suid-Afrika teken tydens die tweede, derde en vierde paaltjievennootskap drie agtereenvolgende honderdtalvennootskappe in EDI-kolfbeurte aan.[25]
Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Brad Hodge (Aus) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[24]
Michael Clarke en Brad Hodge (albei Aus) teken 204 lopies om die vierde paaltjie aan, die destyds hoogste vierde paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbekerwedstryd[28] – later oortref deur Indië teen Nederland tydens die 2023-toernooi.[29]
Nederland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Dit is Nederland se tweede oorwinning in drie krieketwêreldbekertoernooie, waarmee hulle die tweede suksesvolste assosiaatlid in die toernooigeskiedenis ná Kenia word.[33]
Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Matthew Hayden (Aus) teken die destyds vinnigste krieketwêreldbekerhondertal aan (in 66 aflewerings) en oortref Matthew Hayden (Aus) se vorige rekord tydens dieselfde toernooi[34] – later oortref deur Kevin O’Brien (Irl) teen Engeland tydens die 2011-toernooi.[35]
Australië teken die hoogste krieketwêreldbekertelling ooit teen Suid-Afrika aan en oortref Wes-Indië se vorige rekord tydens dieselfde toernooi.[36]
Die 671 aangetekende lopies is die destyds meeste in ’n krieketwêreldbekerwedstryd en oortref die 652 lopies tussen Sri Lanka en Kenia tydens die 1996-toernooi – later oortref in die wedstryd tussen Engeland en Indië tydens die 2011-toernooi.[37]
Indië se oorwinning met 257 lopies is die destyds grootste in ’n krieketwêreldbekerwedstryd en oortref Australië se vorige rekord tydens die 2003-toernooi[39] – later oortref deur Australië teen Afghanistan tydens die 2015-toernooi.[40]
Indië teken die destyds hoogste krieketwêreldbekertelling aan en oortref Sri Lanka se vorige rekord tydens die 1996-toernooi – later oortref deur Australië tydens die 2015-toernooi.[41]
Dit is ook die hoogste telling deur ’n span tydens ’n Lys A-wedstryd in die Wes-Indiese eilande.[42]
Indië slaan die meeste sesse (18) tydens een enkele EDI-kolfbeurt en oortref Suid-Afrika se vorige rekord tydens dieselfde toernooi.[39]
Bermuda “behaal” die meeste nulletjies (5) in ’n krieketwêreldbekerkolfbeurt en oortref die vorige rekord van Engeland (teen Wes-Indië in 1979), Kanada (teen Sri Lanka in 2003) en Sri Lanka (teen Indië in 2003).[39]
Dit is Bangladesj se destyds ergste krieketwêreldbekernederlaag en oortref hul vorige rekord teen Kanada tydens die 2003-toernooi – later oortref teen Suid-Afrika tydens die 2011-toernooi.[40]
Kanada het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Lou Vincent (NZ) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[24]
Brendon McCullum (NZ) teken die destyds vinnigste krieketwêreldbekervyftigtal aan (in 20 aflewerings) en oortref Mark Boucher (RSA) se vorige rekord tydens dieselfde toernooi[49] – later oortref deur homself tydens die 2015-toernooi.[27]
Wes-Indië wen met 54 lopies Sabinapark, Kingston, Jamaika Bywoning: 16 575 Skeidsregters: Billy Bowden (NZ) en Simon Taufel (Aus) Speler van die wedstryd: Dwayne Smith (WI)
Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Wedstryd verkort weens reën; Duckworth-Lewis-metode hersien teiken om te wen: 193 lopies in 20 boulbeurte vir Zimbabwe.
Imran Nazir (Pak) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[24]
Imran Nazir (Pak) teken die hoogste individuele EDI-telling (160) in die Wes-Indiese eilande aan.[56]
Dit is ook die hoogste Lys A-telling in die Wes-Indiese eilande.[56]
Imran Nazir slaan ook die meeste sesse (8) tydens een enkele krieketwêreldbekerkolfbeurt en ewenaar Ricky Ponting (Aus) se rekord tydens die 2003-toernooi – gedeel met Adam Gilchrist (Aus).[57]
Zimbabwe is hiermee uit die toernooi geskakel.[58]
Die twee beste spanne in elke eerste rondte het die Super Agt gehaal wat as ’n volledige rondte met wedstryde almal teen almal beslis is. Al die agt spanne het egter slegs ses nuwe wedstryde gespeel, pleks van sewe. Elke groep se twee verteenwoordigers het hul uitslag teen mekaar oorgedra, eerder as om weer te speel. Die onderstaande tabel, wat sewe wedstryde vir elke span bevat, dek al die wedstryde tussen die Super Agt-kwalifiseerders, insluitende dié van die groepfase.
Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Wedstryd verkort weens ’n nat buiteveld tot 22 boulbeurte per span.
Glenn McGrath neem sy paaltjies ná 56 wedstryde tot 57, die meeste paaltjies in krieketwêreldbekertoernooie. Glenn McGrath neem sy aantal paaltjies ná die 2007-toernooi tot 71.[61][62]
Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Voorafgaande reën verkort die wedstryd tot 38 boulbeurte per span. Sri Lanka se beurt word deur reën onderbreek en tot 36 boulbeurte verkort.
Glenn McGrath neem die meeste paaltjies (26) in ’n enkele krieketwêreldbekertoernooi en neem die hoogste total paaltjies in al die krieketwêreldbekertoernooie tot 71.[71][61]
Adam Gilchrist teken die destyds vinnigste honderdtal in ’n uitklopwedstryd aan (in 72 aflewerings) – later oortref deur Shreyas Iyer (Ind) teen Nieu-Seeland tydens die 2023-halfeindstryd.
Adam Gilchrist teken ook die hoogste individuele telling ooit (149) in ’n krieketwêreldbekereindstryd aan en oortref Ricky Ponting (Aus) se 2003-rekord.[72][24]
Australië wen die Krieketwêreldbeker 2007 sonder ’n verlore wedstryd en brei hul reeks van onoorwonne krieketwêreldbekerwedstryde tot 29 uit.[73]
Die Krieketwêreldbekereindstryd van 2007 is tussen Australië en Sri Lanka in Bridgetown, die hoofstad van Barbados, gespeel en en deur Australië met 53 lopies gewen. Australië se eindtelling was 281/4 en Sri Lanka s’n was 215/8.
Teen die einde van die wedstryd het grootskaalse chaos geheers: dit het te lank aangehou en is aanvanklik verkort na 38 boulbeurte per span, en later tot 36 boulbeurte vir Sri Lanka. Swak lig het veroorsaak dat spel gestaak is met Sri Lanka se instemming, ten spyte van die feit dat hulle nog drie paaltjies en 18 balle oorgehad het.
Kritiek is gelewer op die skeidsregters se besluit om die spel te staak weens swak lig. Amptelike kennisgewings en die puntebord het almal aangedui dat Australië reeds gewen het en die Australiese span het gevolglik reeds hul oorwinning gevier. Die skeidsregters het egter volgehou dat die spel gewoon gestaak is en nie voltooi is nie. Hulle het aangevoer dat daar nog drie boulbeurte gespeel moes word. Gevolglik het Sri Lanka in slegte lig nog drie boulbeurte gekolf.[74]
Die skeidsregters en die IKR het om verskoning gevra vir die onnodige situasie.[75] In Junie 2007 het die IKR besluit om die betrokke skeidsregters van deelname aan die 2007 Twintig20-wêreldkampioenskap te skors. Hierdie skeidsregters is Steve Bucknor en Aleem Dar, reserweskeidsregters Rudi Koertzen en Billy Bowden, en die wedstrydskeidsregter Jeff Crowe.[76]
↑Volgens aantal oorwinnings, wenpersentasie en aantal krieketwêreldbekertoernooie wat hulle gewen het. Trouens was hulle bo-aan al hierdie kriteria van 1975 tot 1987, en eers in 2003 het Australië sy aantal bekers verbeter.