Tien nasionale krieketspanne het aan die Krieketwêreldbeker 2019 deelgeneem: Die gasheer Engeland, die sewe beste spanne van die IKR EDI-kampioenskap (Australië, Bangladesj, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka en Suid-Afrika), saam met die twee beste spanne van die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2018 (Afghanistan en Wes-Indië). Tydens die Krieketwêreldbeker 2019 is 48 wedstryde gespeel, waaronder 45 tydens die groepfase en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die toernooi het op 30 Mei met die openingswedstryd tussen die gasheer Engeland en Suid-Afrika op die LondenseThe Oval begin. Al die spanne het in een groep gespeel en 45 wedstryde is gespeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die vier beste spanne het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die eindstryd is op 14 Julie op Lord’s in Londen gehou.[5] ’n Soortgelyke formaat is voorheen in die Krieketwêreldbeker 1992 in Australië en Nieu-Seeland gebruik, en sal ook in die volgende Krieketwêreldbeker 2023 in Indië aangewend word.
Australië, Engeland, Indië en Nieu-Seeland het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Nieu-Seeland het Indië en Engeland het die verdedigende kampioen Australië geklop, voordat die gasheer Engeland die eindstryd op Lord’s in Londen teen die 2015-naaswenner Nieu-Seeland gewen het deur meer grenshoue in die beslissende Superboulbeurt aan te teken en sodoende hul eerste titel ingepalm het. Dit is die eerste keer sedert die 1992-toernooi dat twee spanne mekaar in die eindstryd ontmoet het wat nog nie ’n titel ingepalm het nie. Engeland het ná Indië in 2011 en Australië in 2015 die derde agtereenvolgende gasheer geword wat die krieketwêreldbekertoernooi tuis gewen het. Daarbenewens is dit ná sokker in 1966 en rugby in 2003 die derde wêreldbekertrofee in een van Engeland se gewildste sportsoorte wat die onderskeidelike nasionale span ingepalm het. Lord’s het vir die vyfde keer ’n krieketwêreldbekereindstryd gehuisves, meer as enige ander krieketveld.[6] Suid-Afrika kon vir die eerste keer sedert die 2003-toernooi – wat onder andere in Suid-Afrika aangebied is – nie tot die uitklopfase deurdring nie.
Die Internasionale Krieketraad het voor die Krieketwêreldbeker 2015 aangekondig dat slegs tien van die vernaamste krieketlande aan die volgende toernooie van 2019 en 2023 sal kan deelneem.[7] Dit het groot kritiek uitgelok, omdat veral die assosiaatlede van die IKR gevrees het dat die afstand in kwaliteit tussen hulle en die voorste toetskrieketlande groter sou word.[8][9][10] Die IKR se redenasie vir hierdie stap is egter ’n beter bemarkingsmoontlikheid van die kompetisie, want al die spanne sou dan mededingend wees.[11] Buitendien het die opgradering van Afghanistan en Irland tot toetslande beteken dat vir die eerste keer volle lede van die IKR nie aan ’n krieketwêreldbekertoernooi kon deelneem nie. Zimbabwe het vir die eerste keer sedert 1979 nie vir ’n krieketwêreldbekertoernooi gekwalifiseer nie. Vir die eerste keer in die toernooi se geskiedenis was die helfte van die deelnemende spanne uit Suid-Asië. Van al die ander vastelande (Afrika, Amerikas, Australië, Europa en Oseanië) het slegs een span elk deelgeneem.
Met sowat 1,6 miljard televisiekykers wêreldwyd was die Krieketwêreldbeker 2019 die destyds mees gesiene krieketwêreldbekertoernooi.[12] Die wedstryd tussen die aartsvyande Indië en Pakistan op 16 Junie 2019 te Old Trafford in Manchester het sowat een miljard televisiekykers gelok.[13] Altesaam het 752 000 toeskouers die 48 wedstryde bygewoon, die derde meeste tydens ’n krieketwêreldbekertoernooi net ná die 2023-toernooi en die 2015-toernooi.[14]
Op 30 April 2006 het die IKR die drie krieketwêreldbekertoernooie van 2011, 2015 en 2019 toegewys. Die gemeenskaplike bod van Bangladesj, Indië, Pakistan en Sri Lanka vir die Krieketwêreldbeker 2011 is met tien teenoor drie stemme bo Australië en Nieu-Seeland s’n verkies.[15][16] Vervolgens is die Krieketwêreldbeker 2015 aan Australië en Nieu-Seeland toegewys, nadat Engeland slegs vir die Krieketwêreldbeker 2019 aansoek gedoen het.[3]
Tien krieketspanne het aan die Krieketwêreldbeker 2019 deelgeneem, ’n afname teenoor die Krieketwêreldbeker 2011 en 2015 se 14.[20][21] Die gasheer Engeland en die beste sewe spanne op die IKR se EDI-ranglys, soos op 30 September 2017, het regstreeks vir die krieketwêreldbeker gekwalifiseer.[22] Australië, Bangladesj, Engeland (gasheer), Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka en Suid-Afrika het gevolglik regstreeks vir die Krieketwêreldbeker 2019 gekwalifiseer.[23]
Beide Afghanistan en Ierland is op 22 Junie 2017 toetskrieketstatus deur die IKR toegeken,[24] maar hulle moes as gevolg van die kwalifiseringsproses nog steeds aan die kwalifisering vir die Krieketwêreldbeker 2019 deelneem.[25] As gevolg van sy lae posisie op die IKR se EDI-ranglys moes Wes-Indië egter ook vir die Krieketwêreldbeker 2019 kwalifiseer en kon tydens die IKR EDI-kampioenskap wel daarin slaag.[26]
83 nasionale krieketspanne het om die twee oorblywende plekke by die Krieketwêreldbeker 2019 meegeding, waarvan die finale tien aan die uiteindelike kwalifiserende rondte in Zimbabwe deelgeneem het.[27] Wes-Indië het die eerste kwalifiserende span geword nadat hulle Skotland met vyf lopies volgens die Duckworth-Lewis-Stern-metode geklop het.[28] Afghanistan het by Wes-Indië aangesluit nadat hulle Ierland in met vyf paaltjies verslaan en sodoende beide Ierland en Zimbabwe uitgeskakel het.[29] Vir Zimbabwe was dit die eerste Krieketwêreldbeker sedert 1983 wat hulle misgeloop het. Vervolgens kon twee spanne met toetskrieketstatus – Ierland en Zimbabwe – vir die eerste keer nie vir ’n krieketwêreldbeker kwalifiseer nie.[30] Daarbenewens was die Krieketwêreldbeker 2019 die eerste toernooi sonder assosiaatlede.[31][32]
Die volgende tien spanne het vir die Krieketwêreldbeker 2019 gekwalifiseer. Al die deelnemende spanne het ook aan die vorige Krieketwêreldbeker 2015 deelgeneem, vervolgens was daar geen debutante nie.
Die Engelse beheerliggaam ECB het in sy 2014-beplanning vir die toernooi elf stadions gelys.[33] Daarbenewens het hulle beplan om die Londen-stadion vir enkele wedstryde te gebruik, indien die wêreldbeheerliggam sou instem.[34] Die IKR het in Jannuarie 2017 ingestem, ’n finale besluit, wat in Julie 2017 moes plaasvind, is egter verder vertraag.[35][36] Tydens die bevestiging van die skedule op 25 April 2018 is ook aangekondig, dat die ECB weens onsekerhede (die eerste gebruik van inloopkolfblaaie in Engeland, veranderinge van spreilighoeke, hoë koste vir die omskepping van die buiteveld, insolasiehoek) van wedstryde op die Londen-stadion afstand gedoen het.[37][38] Hieronder die stadions soos op 26 April 2018 deur die Internasionale Krieketraad bekendgestel. Engeland het 44 wedstryde op tien verskeie plekke gehuisves, terwyl Wallis vier wedstryde op een plek aangebied het.[39]
Die Krieketwêreldbeker 2019 is oor 47 dae tussen tien verskillende spanne oor 46 wedstryde beslis. Dit het op 30 Mei 2019 op The Oval in Londen met die openingswedstryd tussen die gasheer Engeland en Suid-Afrika begin. Die toernooi het geëindig op Lord’s in Londen op 14 Julie met die eindstryd tussen Engeland en Nieu-Seeland, waartydens die gasheer die Krieketwêreldbekertrofee ingepalm het. ’n Soortgelyke formaat is voorheen in die Krieketwêreldbeker 1992 gebruik, maar destyds het nege in plaas van tien nasionale krieketspanne deelgeneem.
Die Internasionale Krieketraad het die wedstrydskedule op 26 April 2018 bekendgestel.[41] Die volgende tabel dui die Krieketwêreldbeker 2019 se daaglikse program aan. ’n Rooi blokkie dui op beide die openings- en sluitingseremonie, ’n pers blokkie op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
Die Krieketwêreldbeker 2019 is deur tien nasionale krieketspanne beslis. Vir die groepfase is die tien deelnemende spanne in een enkele groep geplaas; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span nege wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die vier beste spanne het na die uitklopfase deurgedring.
Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die vier beste spanne van die groep het na die uitklopfase deurgedring. Die eerste span het teen die vierde span en die tweede span teen die derde span in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wedstryd deur ’n Superboulbeurt beslis.
Elke land het ’n voorlopige span van 30 spelers gekies, wat dan tot 15 verminder is. Elke land moes teen 23 April 2019 ’n voorlopige lys van 15 spelers vir die toernooi aan die Internasionale Krieketraad voorlê.[43][44] ’n Beseerde speler kon tot op sewe dae voor die toernooi se begin vervang word.[45]
Tien spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die vier beste spanne in die groep het na die uitklopfase deurgedring. Vir wedstryde tydens die groepfase is geen reserwedae in die geval van slegte weer opsy gesit nie. Nadat vier wedstryde binne sewe dae weens reën afgelas en oor die gebrek aan reserwedae gekla is, het die IKR se uitvoerende hoof, David Richardson, beweer dat die poging om reserwedae in te sluit “die tydperk van die toernooi aansienlik sou verleng en prakties uiters kompleks sou wees om aan te bied”.[46]
Wes-Indië wen met sewe paaltjies Trent Bridge, Nottingham Skeidsregters: Marais Erasmus (RSA) en Chris Gaffaney (NZ) Speler van die wedstryd: Oshane Thomas (WI)
Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Dit is Pakistan se elfde agtereenvolgende neerlaag, hul ergste EDI-reeks sonder ’n oorwinning.[54]
Dit is Pakistan se naaslaagste telling in ’n krieketwêreldbekerwedstryd sedert die 1992-toernooi en ook sy ergste nederlaag in ’n krieketwêreldbekerwedstryd volgens oorblywende aflewerings (218).[55]
Nieu-Seeland wen met tien paaltjies Sophia Gardens, Cardiff Skeidsregters: Ian Gould (Eng) en Rod Tucker (Aus) Speler van die wedstryd: Matt Henry (NZ)
Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Australië wen met sewe paaltjies County Ground, Bristol Skeidsregters: Aleem Dar (Pak) en Richard Illingworth (Eng) Speler van die wedstryd: David Warner (Aus)
Afghanistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Rashid Khan (Afg) speel in sy 100ste internasionale wedstryd, wat een wedstryd vir ’n Wêreld XI-span in Mei 2018 insluit.[58]
Shakib Al Hasan en Mushfiqur Rahim teken 142 lopies om die derde paaltjie aan, die destyds hoogste Bengaalse paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbekerwedstryd[60] – later oortref teen Wes-Indië tydens dieselfde toernooi.[61]
Dit is Bangladesj se destyds hoogste EDI-telling[62] en oortref die vorige 2015-rekord – later oortref teen Australië tydens dieselfde toernooi.[63]
Shakib Al Hasan (Ban) word die vinnigste krieketspeler wat 250 paaltjies en 5 000 lopies in EDIs (199) aanteken.[64]
Ná die 2007-toernooi is dit Bangladesj se tweede krieketwêreldbekeroorwinning oor Suid-Afrika.[65]
Jason Roy (Eng) teken sy 3 000ste EDI-lopie aan.[67]
Dit is die eerste keer sedert 2015 wat Engeland ’n EDI-lopiejaag tuis verloor, dit beëindig ’n reeks van 16 agtereenvolgende oorwinnings nadat hulle tweede gekolf het.[68]
Engeland word die eerste span wat ’n krieketwêreldbekerwedstryd verloor nadat twee spelers honderdtalle aangeteken het.[69][70]
Indië wen met ses paaltjies Rose Bowl, Southampton Skeidsregters: Michael Gough en Richard Kettleborough (Eng) Speler van die wedstryd: Rohit Sharma (Ind)
Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Wedstryd afgelas sonder dat ’n bal geboul is. County Ground, Bristol Skeidsregters: Ian Gould (Eng) en Nigel Llong (Eng) Speler van die wedstryd: nie toegeken nie
Geen loot nie
Wedstryd om 15:46 afgelas weens swaar reën.
Dit is slegs die derde krieketwêreldbekerwedstryd, en die eerste tydens die Krieketwêreldbeker 2019, wat afgelas is sonder dat ’n bal geboul is.[90][91]
Nieu-Seeland wen met sewe paaltjies County Ground, Taunton Skeidsregters: Aleem Dar (Pak) en Michael Gough (Eng) Speler van die wedstryd: James Neesham (NZ)
Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
James Neesham (NZ) neem sy eerste vyf-paaltjie-oes en sy 50ste EDI-paaltjie.[87][95]
Dit is die eerste keer wat Australië ’n lopiejaag tydens ’n krieketwêreldbekerwedstryd verloor sedert sy nederlaag teen Pakistan tydens die 1999-toernooi in Leeds; dit beëindiging ’n reeks van 19 agtereenvolgende oorwinnings nadat hulle tweede gekolf het.[97][98]
Wedstryd afgelas sonder dat ’n bal geboul is. County Ground, Bristol Skeidsregters: Richard Illingworth en Richard Kettleborough (Eng) Speler van die wedstryd: nie toegeken nie
Geen loot nie
Wedstryd om 13:57 afgelas weens swaar reën.
Dit is slegs die vierde krieketwêreldbekerwedstryd, en die tweede tydens die Krieketwêreldbeker 2019, wat afgelas is sonder dat ’n bal geboul is.[101][102]
Wedstryd afgelas sonder dat ’n bal geboul is. Trent Bridge, Nottingham Skeidsregters: Marais Erasmus (RSA) en Paul Reiffel (Aus) Speler van die wedstryd: nie toegeken nie
Geen loot nie
Dit is slegs die vyfde krieketwêreldbekerwedstryd, en die derde tydens die Krieketwêreldbeker 2019, wat afgelas is sonder dat ’n bal geboul is.[105][106]
Engeland wen met agt paaltjies Rose Bowl, Southampton Skeidsregters: Kumar Dharmasena (SL) en Sundaram Ravi (Ind) Speler van die wedstryd: Joe Root (Eng)
Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Eoin Morgan speel in sy 300ste internasionale wedstryd vir Engeland.[107]
Shakib Al Hasan word ná Tamim Iqbal die tweede Bengaalse kolwer wat 6 000 EDI-lopies aanteken en die vinnigste speler wat die dubbele van 6 000 lopies en 250 paaltjies in EDIs (202 kolfbeurte) aanteken.[116]
Dit is Bangladesj se hoogste suksesvolle EDI-lopiejaag en destyds naashoogste suksesvolle lopiejaag in ’n krieketwêreldbekerwedstryd – ná Ierland teen Engeland tydens die 2011-toernooi – en oortref hul teiken van 318 teen Skotland tydens die 2015-toernooi.[117]
Shakib Al Hasan en Liton Das teken 189 lopies om die vierde paaltjie aan, die hoogste Bengaalse paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbekerwedstryd ooit en ook die hoogste Bengaalse vierde EDI-paaltjievennootskap ooit.[61][118]
Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Eoin Morgan (Eng) teken die vinnigste krieketwêreldbekerhonderdtal deur ’n Engelse kolwer aan (in 57 aflewerings),[119][66][120] hy slaan ook die meeste sesse (17) in ’n EDI-kolfbeurt.[121]
Engeland slaan die meeste sesse (25) in ’n EDI-kolfbeurt.[122]
Dit is ook Engeland se hoogste krieketwêreldbekertelling ooit en oortref die vorige rekord teen Bangladesj tydens dieselfde toernooi.[94][123]
Rashid Khan (Afg) boul die duurste spel in ’n krieketwêreldbekerwedstryd en staan 110 lopies in sy nege boulbeurte af, waarmee hy hy die duurste EDI-draaier word.[124]
Australië wen met 48 lopies Trent Bridge, Nottingham Skeidsregters: Michael Gough en Richard Kettleborough (Eng) Speler van die wedstryd: David Warner (Aus)
Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
David Warner (Aus) teken as eerste kolwer twee keer meer as 150 lopies in ’n krieketwêreldbekertoernooi aan.[130][66]
Dit is Australië se hoogste EDI-telling teen Bangladesj.[131]
Dit is Bangladesj se destyds hoogste EDI-telling en oortref die vorige rekord teen Suid-Afrika tydens dieselfde toernooi[132] – in 2023 oortref teen Ierland.[63]
Die 714 aangetekende lopies is die destyds meeste in ’n krieketwêreldbekerwedstryd en oortref die 668 lopies tussen Australië en Sri Lanka tydens die 2015-toernooi – later oortref in die wedstryd tussen Suid-Afrika en Sri Lanka tydens die 2023-toernooi.[131][133]
Adil Rashid speel in sy 150ste internasionale wedstryd vir Engeland.[135]
Joe Root speel in sy 250ste internasionale wedstryd vir Engeland.[135]
Angelo Mathews teken sy 12 000ste internasionale lopie vir Sri Lanka aan.[136]
Eoin Morgan teken sy 9 000ste internasionale lopie vir Engeland aan.[136]
Lasith Malinga (SL) word ná Muttiah Muralitharan die tweede Sri Lankaanse bouler wat sy 50ste krieketwêreldbekerpaaltjie neem[137] en is die vinnigste wat dié mylpaal bereik.[138]
Bangladesj wen met 62 lopies Rose Bowl, Southampton Skeidsregters: Michael Gough en Richard Kettleborough (Eng) Speler van die wedstryd: Shakib Al Hasan (Ban)
Afghanistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Gulbadin Naib speel in sy 100ste internasionale wedstryd vir Afghanistan[149] en teken sy 1 000ste EDI-lopie aan.[150]
Shakib Al Hasan word die eerste Bengaalse kolwer wat 1 000 krieketwêreldbekerlopies aanteken[151] en neem as eerste Bengaalse bouler ’n vyf-paaltjie-oes tydens ’n krieketwêreldbekerwedstryd.[87][152]
Shakib Al Hasan word die eerste speler wat tydens die Krieketwêreldbeker 2019 1 000 lopies aanteken en 30 paaltjies neem, en die enigste speler wat 400 lopies aanteken en tien paaltjies tydens dieselfde toernooi neem.[153][154]
Shakib Al Hasan word ná Yuvraj Singh tydens die 2011-toernooi die tweede krieketspeler wat in dieselfde krieketwêreldbekerwedstryd ’n vyftigtal aanteken en vyf paaltjies neem.[155]
Indië wen met 125 lopies Old Trafford, Manchester Skeidsregters: Richard Illingworth en Richard Kettleborough (Eng) Speler van die wedstryd: Virat Kohli (Ind)
Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Rohit Sharma (Ind) ewenaar Kumar Sangakkara (SL) se rekord vir die meeste aantal honderdtalle (4) deur ’n kolwer tydens een enkele krieketwêreldbekertoernooi.[182][66]
Mustafizur Rahman word volgens aantal boulbeurte (54) die vinnigste Bengaalse bouler wat 100 EDI-paaltjies neem.[191]
Babar Azam teken die meeste lopies (474) deur ’n Pakistanse kolwer tydens een enkele krieketwêreldbekertoernooi aan.[192]
Shakib Al Hasan (Ban) ewenaar Sachin Tendulkar (Ind) se rekord om die meeste 50+ tellings (7) tydens een enkele krieketwêreldbekertoernooi aan te teken.[193]
Shaheen Afridi (Pak) word die jongste bouler (op 19 jaar 90 dae) wat ’n vyf-paaltjie-oes in ’n krieketwêreldbekerwedstryd neem.[87][194]
Shaheen Afridi behaal ook die beste boulsyfer (6/35) deur ’n Pakistanse bouler in ’n krieketwêreldbekerwedstryd.[195]
Nieu-Seeland vorder hiermee tot die halfeindrondte.[196]
Pakistan is hiermee uit die toernooi geskakel.[196]
Die uitklopfase het uit twee halfeindstryde bestaan, waarvan die twee wenners mekaar in die eindstryd op Lord’s-krieketveld ontmoet het. Op 25 April 2018 is aangekondig dat Old Trafford en Edgbaston die twee halfeindstryde sal aanbied soos tydens die Krieketwêreldbeker 1999, met al die uitklopwedstryde wat ’n reserwedag gehad het.[201]
Nieu-Seeland wen met 18 lopies Old Trafford, Manchester Skeidsregters: Richard Illingworth en Richard Kettleborough (Eng) Speler van die wedstryd: Matt Henry (NZ)
Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Reën onderbreek die speel nadat 46.1 boulbeurte van Nieu-Seeland se kolfbeurt geboul is. Reserwedag op 10 Julie gebruik: 3.5 boulbeurte van Nieu-Seeland en Indië se hele kolfbeurt is op 10 Julie voltooi.
Tom Latham speel in sy 150ste internasionale wedstryd vir Nieu-Seeland.[202]
Engeland wen met agt paaltjies Edgbaston, Birmingham Skeidsregters: Kumar Dharmasena (SL) en Marais Erasmus (RSA) Speler van die wedstryd: Chris Woakes (Eng)
Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Met die paaltjie van Pat Cummins (Aus) neem Joe Root (Eng) sy twaalfde vangs in die toernooi en oortref Ricky Ponting (Aus) se vorige rekord van elf tydens die 2003-toernooi.[209]
Dit is Australië se eerste nederlaag in agt verskynings by die krieketwêreldbekerhalfeindrondte.[210]
Engeland vorder vir die eerste keer sedert die 1992-toernooi tot die krieketwêreldbekereindstryd.[211]
Dit is Engeland se eerste krieketwêreldbekeroorwinning oor Australië sedert die 1992-toernooi.[212][213]
Gelykop Lord’s, Londen Skeidsregters: Kumar Dharmasena (SL) en Marais Erasmus (RSA) Speler van die wedstryd: Ben Stokes (Eng)
Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Superboulbeurt: Engeland 15/0, Nieu-Seeland 15/1.
Beide Engeland en Nieu-Seeland het die kans gehad om hul eerste krieketwêreldbekertitel te wen.[214]
Engeland slaan die destyds meeste sesse deur een span gedurende ’n krieketwêreldbekertoernooi (76) – later oortref deur Suid-Afrika tydens die 2023-toernooi.[215]
Nadat die Superboulbeurt gelykop eindig, wen Engeland dié wedstryd volgens aantal grenshoue (26–17).[216][217][218][219]
Kane Williamson (NZ) word die kaptein wat die meeste lopies (578) tydens een enkele krieketwêreldbekertoernooi aanteken.[220]
Joe Root (Eng) neem sy 13de vangs in die toernooi, die meeste in ’n enkele krieketwêreldbekertoernooi.[221]
Dit was slegs die vyfde krieketwêreldbekerwedstryd – en eerste eindstryd – wat in ’n gelykop geëindig het.[222]
Dit was die eerste keer wat ’n Superboulbeurt gebruik is om beide ’n EDI en ’n eindstryd te beslis.[223]
Engeland word die derde agtereenvolgende gasheer wat ’n krieketwêreldbekertoernooi tuis kon wen.[224]