Kristien Hemmerechts

Kristien Hemmerechts
Kristien Hemmerechts (2013)
Gebore27 Augustus 1955 (1955-08-27) (69 jaar oud)
NasionaliteitVlag van België België
Beroepskryweres

Kristien Hemmerechts (gebore 27 Augustus 1955) is 'n Belgiese skrywer.

Kristien Hemmerechts publiseer haar debuut in 1986 met die bundel, First Fictions, Introduction 9, wat in Engels geskryf is. Haar eerste roman Een Zuil van Zout verskyn in 1987. Dit ontvang die Prijs van de provincie Brabant. In 1990 ontvang sy die gesogte Vlaamse driejaarlijkse Staatsprijs voor proza. 'n Herhalende tema in Hemmerechts se werk is die onvermoë van die mens om rigting aan sy lewe te gee. Karakters word gekonfronteer met die onvermoë om met andere te kommunikeer, wat oorsaak gee tot die onvermoë om sinvolle menseverhoudings te skep. Oorsake moet gesoek word in gevoelens van vervreemding van die wêreld en die self, asook in eensaamheid en in skuldgevoelens.

In baie van haar werk beeld Hemmerechts seksualiteit vanuit 'n vroulike oogpunt uit. Eksplisiete tonele uit haar werk vorm die grondslag van aantygings dat Hemmerechts haar lesers doelbewus wil uitlok.

Bibliografie

[wysig | wysig bron]
  • Een zuil van zout (1987) (roman)
  • Weerberichten, 1988 (kortverhale)
  • Brede heupen, 1989 (roman)
  • s Nachts, 1989 (kortverhale)
  • Zonder Grenzen, 1991 (roman)
  • Kerst en andere liefdesverhalen, 1992 (kortverhale)
  • Wit zand, 1993 (roman)
  • Lang geleden, 1994 (memoires)
  • Amsterdam Retour, 1995 (reisverslag)
  • Veel vrouwen, af en toe een man, 1995 (roman)
  • Kort kort lang, 1996 (kortverhale)
  • Margot en de engelen, 1997 (roman)
  • Taal zonder my, 1998
  • De tuin der onschuldigen, 1999 (roman)
  • De kinderen van Arthur, 2000 (roman)
  • O, toen alles nog voorbij kon gaan, 2000 (kortverhale)
  • Donderdagmiddag. Halfvier. 2002 (roman)
  • Een jaar als (g) een ander, 2003 (dagboek)
  • De laatste keer, 2004 (roman)
  • V, notities bij een reis naar Vietnam, 2004 (reisverslag)
  • De waar gebeurde geskiedenis van Victor en Clara Rooze, 2005 (roman)
  • Als een kinderhemd, 2006 (memoires)

Bronne

[wysig | wysig bron]