Kroon-soldaat | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | S. diadema
|
Binomiale naam | |
Sargocentron diadema (Lacepede, 1802)[1]
|
Die Kroon-soldaat (Sargocentron diadema) is 'n vis wat voorkom in die tropiese en warm waters van die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by Algoabaai. In Engels staan die vis bekend as die Crown Squirrelfish.
Die lyf het afwisselende horisontale rooi en silwer-wit strepe op. Die dorsale vin is donkerooi tot swart en die strale se punte is wit en daar is ook 'n dowwe wit of lig rooi horisontale streep deur die dorsale vin. Die vis word tot 21 cm groot.
Die vis leef in rots- en koraalriwwe in water wat 2 – 30 m diep is en vreet bodem skaaldiere en wurms. Gedurende die dag kruip die vis weg in die rif. Die vis kan in 'n akwarium oorleef.