Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Kulturväven is 'n kultuursentrum langs die rivier Ume in Umeå in die Sweedse provinsie Västerbottens län.
Kulturväven is in 2011-2014 gebou as deel van die stadsontwikkelingsprojek Staden mellan broarna ("Stad tussen die brûe"). Die opdraggewer was die munisipaliteit Umeå en die plaaslike makelaarsmaatskappy Balticgruppen, via die onderneming Väven i Umeå AB.[1] Die totale oppervlakte is 24 000 m2 en die totale koste is op sowat 700 miljoen krone geraam, die werke aan die binnekant uitgesluit. Die argitekte is die Noorse maatskappye Snøhetta en White Arkitekter,[2] wat ook aan die bou van enkele geboue op die Umeå-kunskampus saamgewerk het.
Die kultuursentrum huisves 'n paar kulturele instellings wat voorheen in ander dele van die stad gevestig was, asook 'n paar nuwe kulturele inisiatiewe. Die gebou bevat werkwinkels, 'n kulturele jeugsentrum, teaters, die stadsbiblioteek, die rolprentteater Folkets Bio en die Kvinnohistoriskt-museum ("historiese museum van vroue").[3]
Nog voor die inhuldiging van die gebou was daar beskuldigings dat die ontwerp plagiaat is omdat drie vertikale geboue met soortgelyke fasades al in 2006-2008 in Kopenhagen gebou is. Die Deense geboue is ontwerp deur die Deense maatskappy Vilhelm Lauritzen Arkitekte, wat niks met die ontwerp van Kulturväven te doen gehad het nie. 'n Argitek van dié maatskappy het ook gesê Kulturväven is nie plagiaat nie.[4][5][6]
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: onerkende taal (link)