Kaart | Wapen |
![]() | |
![]() | |
Vlag | |
Land | ![]() |
Deelstaat | ![]() |
Distrik | Dahme-Spreewald |
Koördinate | 52°18′N 13°38′E / 52.300°N 13.633°O |
Stigting | 1375 (eerste verwysing) |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 95,83 vk km |
Hoogte bo seevlak | 36 m |
Bevolking: | |
- Totaal (31 Desember 2013) | 34 240[1] |
- Bevolkingsdigtheid | 357/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 |
Klimaat | |
- Tipe | Gematigde klimaat |
Burgemeester | Swen Ennullat (Freie Wähler KW) |
Amptelike Webwerf | koenigs-wusterhausen.de |
Königs Wusterhausen (tot 1718 Wendisch Wusterhausen, Neder-Sorbies: Parsk) is 'n stad in die distrik Dahme-Spreewald van die Duitse deelstaat Brandenburg met 'n oppervlakte van 95,83 vierkante kilometer en 'n bevolking van 34 240 (soos op 31 Desember 2013). Die stad is veral bekend vir die kasteel Königs Wusterhausen met die Tabakskollegium van Frederik I van Pruise in die 18de eeu, die uitvinding van die draadlose telekommunikasie op die Funkerberg en in die stadsdeel Zeesen op 22 Desember 1920 en as spoorwegknooppunt in die suidooste van Berlyn met direkte verbindings na Berlyn, Cottbus, Frankfurt (Oder), Rathenow en Senftenberg.
Die stad bestaan uit die sewe stadsdele Königs Wusterhausen met Deutsch Wusterhausen (sedert 1 Januarie 1974) en Neue Mühle (1898), Diepensee (29 Februarie 2004), Kablow (26 Oktober 2003), Niederlehme met Ziegenhals (26 Oktober 2003), Senzig met Bindowbrück en Siedlung Waldesruh (26 Oktober 2003), Wernsdorf met Ziegenhals (26 Oktober 2003), Zeesen met Körbiskrug, Am Steinberg, Neu Kamerun, Steinbergsiedlung, Bürgerswalde (26 Oktober 2003) en Zernsdorf met Kablow-Ziegelei en Uckley (26 Oktober 2003).[2]
Königs Wusterhausen lê in die suidooste van Berlyn en grens in die noordooste aan Gosen-Neu Zittau en Spreenhagen, in die suidooste aan Heidesee, in die suide aan Bestensee, in die suidweste aan Mittenwalde, in die weste aan Wildau en Zeuthen en in die noordweste aan Schönefeld (veral bekend vir die Berlyn-Brandenburg Internasionale Lughawe).
Königs Wusterhausen het die volgende Susterstede:[3]
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Königs Wusterhausen. |