LaGuardia-lughawe | |||
---|---|---|---|
'n Lugfoto van New York se LaGuardia-lughawe | |||
IATA: LGA – ICAO: KLGA | |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Openbaar | ||
Eienaar/Operateur | Hawe-owerheid van New York en New Jersey | ||
Bedien | New York | ||
Ligging | East Elmhurst, Queens, New York, Verenigde State | ||
Gebou | 1937 – 1939 | ||
Spil vir | American Airlines Delta Air Lines Silver Airways | ||
Fokuspunt vir | Southwest Airlines | ||
Hoogte bo seevlak | 21 vt / 6 m | ||
Koördinate | York 40°46′38.1″N 73°52′21.4″W / 40.777250°N 73.872611°W | ||
Webtuiste | |||
Landkaart | |||
| |||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
m | vt | ||
04/22 | 2 134 | 7 001 | Teer/beton |
13/31 | 2 135 | 7 003 | Teer/beton |
Helikopterblaaie | |||
Aantal | Lengte | Oppervlak | |
m | vt | ||
H1 | 18 | 60 | Teer |
H2 | 18 | 60 | Teer |
Statistieke (2021) | |||
Passasiers | 15 601 063 | ||
Lugbewegings | 175 844[1] | ||
Bron: Federal Aviation Administration |
LaGuardia-lughawe (IATA: LGA, ICAO: KLGA) is 'n lughawe wat die Amerikaanse metropool New York bedien. Die lughawe is geleë op die waterfront van Flushing Bay. Die lughawe het eers Glenn H. Curtiss Lughawe geheet na die lugvaartpionier Glenn Hammond Curtiss, daarna het sy naam verander na North Beach Airport en is later vernoem na 'n vorige burgemeester van New York, Fiorello LaGuardia.
In 1960 het die lughawe die eer toegeval as die beste lughawe ter wêreld. LaGuardia is die kleinste van die drie New Yorkse primêre kommersiële lughawens. LaGuardia is baie gewild omdat dit so sentraal geleë is. Die meeste vlugte van LaGuardia af, is na bestemmings binne Amerika en Kanada, sowel as na Aruba, die Bahamas en Bermuda.
In 2021 het die lughawe 175 844 vlugte en 15 601 063 passasiers hanteer. Vanaf 2019 was dit die derde besigste lughawe in die metropolitaanse gebied van New York, na Kennedy- en Newark-lughawens, en die een-en-twintigste besigste in die Verenigde State volgens passasiersvolume.[2]
Die lughawe akkommodeer hoofsaaklik lugdienste na binnelandse (en beperkte internasionale) bestemmings.
Die lughawe is direk noord van die Grand Central Parkway geleë, die lughawe se primêre toegangshoofweg. Terwyl die lughawe 'n spilpunt vir beide American Airlines en Delta Air Lines is, word kommersiële diens streng beheer deur unieke regulasies, insluitend 'n aandklokreël, 'n gleufstelsel en 'n "omtrekreël" wat die meeste direkte vlugte na of van bestemmings verder as 2 400 km verbied.[3]
Deur die dekades van 2000 en 2010 was LaGuardia opvallend vir verouderde en onnet fasiliteite, ondoeltreffende lugbedrywighede en swak kliëntediensstatistieke.[4][5] In reaksie op hierdie kritiek het die Hawe-owerheid van New York en New Jersey (PANYNJ) in 2015 'n multimiljard-dollar-herkonstruksie van die lughawe se passasiersinfrastruktuur aangekondig, wat na verwagting teen 2025 voltooi sal wees.[6]