La Niña

see-oppervlaktemperatuur afwykings in November 2007, wat La Niña toestande vertoon.

La Niña (/lə ˈnin.jə/; Spaans: [la ˈniɲa]) is 'n oseaniese en atmosferiese verskynsel wat die kouer eweknie is van El Niño, as deel van die breër El Niño–Suidelike Ossillasie (ENSO) klimaatpatroon. Die naam La Niña kom uit Spaans vir "die meisie", in analogie met El Niño, wat "die seun" beteken. In die verlede, was die ook 'n anti-El Niño[1] en El Viejo, wat "die ou man" beteken, genoem.[2]

Gedurende 'n La Niña periode, sal die see-oppervlaktemperatuur oor die oostelike ekwatoriale deel van die sentrale Stille Oseaan met 3–5 °C laer as normaal wees. 'n Verskyning van La Niña hou ten minste vyf maande aan. Dit het 'n uitgebreide uitwerking op die weer oor die hele wêreld, veral in Noord-Amerika, wat selfs die Atlantiese orkaan en die Stille Oseaan orkaanseisoene beïnvloed, waarin meer tropiese siklone in die Atlantiese Oseaan voorkom as gevolg van lae windskering en warmer see-oppervlaktemperature, terwyl tropiese siklogenese in die Stille Oseaan verminder word.

Die kollig het tot so ’n mate op El Niño geval dat eers in die laat negentigerjare van La Niña, die minder vertonerige klein suster, kennis geneem is. Die twee is in werklikheid verskillende pole, want waar eersgenoemde groot droogte en vloede in sekere gebiede bring, kan die droogtedele baat by La Niña se minder destruktiewe pad en die té nat dele effens droër wees. La Niña was in 1988 die ergste in vier dekades, met droogtes in onder meer dele van Amerika en heelwat reën in Suid-Afrika en ander lande, maar dit was nie so vernietigend soos die El Niño’s van 1982/’83 of 1997/’97 nie.

Selfs vandag word die uitwerking van La Niña as nie veel erger as die norm gesien nie en word nie soveel van die klein suster gemaak as wat die geval is met die omgekrapte El Niño nie. Wat ook al die gevolge van die twee se verskyning, is dit ’n kragtige kombinasie wat die wêreld se reënval en ander klimaatveranderings in geheel kort-kort ontwrig.

Al kan nog nie bo alle twyfel beweer word dat daar ’n regstreekse uitwerking op die vorming van orkane en ander natuurrampe is nie, is daar goeie rede om dit al hoe meer aan mekaar te verbind. So het die groot orkaanjaar in 1780, met agt groot tropiese storms in een jaar, met La Niña saamgeval. Vier van die vyf groot orkane wat Nicaragua aan die einde van die vorige eeu getref het, het byvoorbeeld met La Niña saamgeval. Dieselfde geld die grootste persentasie van Amerika se gereelde orkane, terwyl maar sowat 10% daarvan met die El Niño-jare saamgeval het.

Voorvalle

[wysig | wysig bron]

'n Tydlyn van alle La Niña voorvalle tussen 1900 en 2021.[3][4][5][6][7]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "What are "El Niño" and "La Niña"?". National Ocean Service. oceanservice.noaa.gov (in Engels (VSA)). U.S. National Oceanographic and Atmospheric Administration. 10 Februarie 2020. Besoek op 11 September 2020.
  2. "What is "La Niña"?". Tropical Atmosphere Ocean project / Pacific Marine Environmental Laboratory. NOAA. 24 Maart 2008. Besoek op 17 Julie 2009.
  3. Cold and warm episodes by season (Report). United States National Oceanographic and Atmospheric Administration. https://www.cpc.ncep.noaa.gov/products/analysis_monitoring/ensostuff/ensoyears.shtml. Besoek op September 11, 2020. 
  4. La Niña – Detailed Australian analysis (Report). Australian Bureau of Meteorology. http://www.bom.gov.au/climate/enso/lnlist/index.shtml. Besoek op 3 April 2016. 
  5. Becker, Emily (4 Desember 2014). "December's ENSO Update: Close, but no cigar". ENSO Blog. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Maart 2016. Besoek op 4 April 2016.
  6. "ENSO Tracker: About ENSO and the Tracker". Australian Bureau of Meteorology. Besoek op 4 April 2016.
  7. "Historical El Niño and La Niña Events". Japan Meteorological Agency. Besoek op 4 April 2016.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]