La Roque-Gageac | |
---|---|
'n Uitsig oor La Roque-Gageac | |
Koördinate: 44°49′38″N 1°11′00″O / 44.82722°N 1.18333°O | |
Land | Frankryk |
Gewes (region) | Akwitanië |
Département | Dordogne |
Arrondissement | Sarlat-la-Canéda |
Kanton | Sarlat-la-Canéda |
Regering | |
• Burgemeester | Jérôme Peyrat |
Oppervlak | |
• Totaal | 7,17 km2 (2,77 vk. myl) |
Hoogte | 60–218 m (200–715 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 416 |
• Digtheid | 58/km2 (150/vk. myl) |
Poskode | 24250 |
Skakelkodes | 24355 |
La Roque-Gageac (kort: La Roque) is 'n Franse dorp teen die Dordognerivier in die gelyknamige département Dordogne (région Akwitanië). Vanweë sy Middeleeuse stadshorison en buitengewone ligging tussen die rivier en 'n rotswand is dit deur die vereniging Les Plus Beaux Villages de France as een van die mooiste dorpe in Frankryk gelys.
Die inwonertal van La Roque-Gageac het van sowat 1 500 in die Middeleeue tot net 416 vandag gedaal. La Roque word deur 'n mikroklimaat gekenmerk wat uniek in die wêreld is. Danksy die natuurlike lugvogtigheid van die rivier en die kalkrotse, wat warmte stoor, aard hier talle tropiese gewasse soos palme, piesangs en bamboes, wat in die dorp se botaniese tuine bewonder kan word.