Laat Pleistoseen

Periode/
sisteem
Epog/
serie
Tydsnede/
etage
M. jaar
gelede
Kwartêr Holoseen 0–0,0117
Pleistoseen Tarantium 0,0117–0,126
Ionium 0,126–0,781
Kalabrium 0,781–1,806
Gelasium 1,806–2,588
Neogeen Plioseen Piasensium ouer
Die verdeling van die Kwartêr (IKS).

Die Laat Pleistoseen (in internasionale chronostratigrafie ook die Tarantium genoem) is ’n stratigrafiese etage sowel as geologiese tydsnede van onderskeidelik die huidige sisteem en periode, die Kwartêr.

Die tydperk was van sowat 0,126 tot 0,0117 miljoen jaar gelede.[1] Dit is voorafgegaan deur die Ionium of Middel-Pleistoseen en gevolg deur die Holoseen.

Gebeure

[wysig | wysig bron]

Klimaatverandering

[wysig | wysig bron]

Die Tarantium is 'n tydperk wat deur gletsering oorheers word. Dit kom ongeveer ooreen met die laaste ystyd. Kanada en dele van die VSA, asmede groot dele van Europa was met ys bedek en daar was 'n ysplaat op die berge van Oos-Afrika. Die Arktiese plantegroei het bestaan uit droë steppe-toendra wat oorheers is deur forbs, nie-graminoïede kruidagtige vaatplante. Gedurende die Laaste Glasiale Maksimum (25–15 duisend jaar gelede) het ide diversiteit merkbaar afgeneem, hoewel forbs dominant gebly het.[2]

Ongeveer 14 500 jaar gelede het die aarde se klimaat begin verskuif van 'n koue gletserwêreld tot warmer interglasiale omstandighede. Deelpad deur hierdie oorgang het temperature in die Noordelike Halfrond egter skielik teruggekeer na naby-glasiale toestande. Hierdie naby-ystydperk word die Jonger Dryas genoem, na 'n blom (Dryas octopetala) wat in koue toestande groei en dit het in hierdie tyd in Europa algemeen geword. Die einde van die Jonger Dryas, ongeveer 11 500 jaar gelede, was besonder skielik. In Groenland het temperature in 'n dekade met 10°C gestyg. [3] Dit is die einde van die Laat Pleistoseen en die begin van die Holoseen

Daar verander baie ná 10 000 jaar gelede, met die voorkoms van klam toendra wat oorheers word deur houtagtige plante en graminoïede en die wêreld word getref deur 'n uitwissing van baie spesies van die megafauna. Die verlies van die megafauna se beweiders het 'n wêreldwye toename in brande veroorsaak.

Die mense

[wysig | wysig bron]

Moderne mense, Homo sapiens, het moontlik in Afrika ontwikkel vanaf H. heidelbergensis, H. rhodesiensis of H. antecessor en het sowat 50 000 tot 100 000 jaar gelede uit die vasteland gemigreer en oor die wêreld versprei. Ons spesies het egter in die Tarantium die planeet gedeel met 'n paar ander spesies van die genus Homo, soos H. erectus, H. denisova, H. floresiensis en H. neanderthalensis. Die Neanderdallers het veral in die koue Europa geleef en was goed aan die ysige klimaat aangepas. Die Denisovane was hulle bure in Asië. H. floresiensis het op die eiland Flores geleef en was baie klein mense, wat nou soms hobbits genoem word.

Al hierdie ander lede van die geslag Homo het in die Tarantium uitgesterf, hoewel genetiese ontleding aangetoon het dat H. denisova en H. neanderthalensis met H. sapiens gehibridiseer het. Die Laat Pleistoseen val saam met die laaste hoofstuk van die Paleolitikum en die oorgang na die Mesolitikum.

Die uitwissing van die megafauna

[wysig | wysig bron]

Die uitwissing van megafauna regoor die wêreld was waarskynlik te wyte aan omgewings- en ekologiese faktore. Dit was amper voltooi teen die einde van die laaste ystydperk. Daar word geglo dat megafauna aanvanklik ontstaan het in reaksie op gletsertoestande en uitgesterf het met die aanvang van warmer klimate.[4]

In gematigde Eurasië en Noord-Amerika het megafauna-uitwissing gelyktydig geëindig met die vervanging van die uitgestrekte periglacial toendra deur 'n enorme bosgebied. Gletserspesies, soos mammoete en wollerige renosters, is vervang deur diere wat beter by woude aangepas is, soos elande, takbokke en varke. Rendiere (kariboe) het noord teruggetrek, terwyl perde suid beweeg het na die Sentraal-Asiatiese steppe. Dit het alles sowat 10 000 jaar gelede gebeur, ten spyte van die feit dat mense Noord-Amerika meer as 15 000 jaar gelede en nie-tropiese Eurasië byna 1 miljoen jaar gelede gekoloniseer het. Tropiese en subtropiese gebiede het minder radikale klimaatsverandering ervaar. Dit is opmerklik dat Afrika groot fauna-uitwissing vrygespring het, net soos tropiese en subtropiese Asië. Die Asiatiese olifant oorleef tot vandag toe, terwyl die Asiatiese renoster selfs op die relatief klein eiland Java, Indonesië, oorleef.[4]

Die einde van die laaste ystydperk het nie net die met ys bedekte gebiede verander. Australië se klimaat het byvoorbeeld van koud-droog na warm-droog verander. Gevolglik het oppervlakwater skaars geword. Die meeste binnelandse mere het in die warmer seisoene heeltemal droog of droog geword. Die meeste groot diere het hul habitat verloor en teruggetrek na 'n smal band in Oos-Australië, waar daar permanente water en beter plantegroei was. Die diprotodon, een van Australië se megafauna, het moontlik nog tot ongeveer 7 000 jaar gelede in die holoseen op die Liverpool-vlaktes van Nieu-Suid-Wallis oorleef. Aangesien Eerste Nasies-mense die afgelope 60 000 jaar reeds in Australië was, moes megafauna vir minstens 30 000 jaar saam met mense bestaan het. Die trek die teorie dat H. sapiens die uitwissing veroorsaak het in twyfel.[4]

In Noord-Amerika het 38% van die soogdiergenera uitgesterf.[5]

Dit betref die genera:

Glyptotherium
Mixotoxodon
Homotherium serum
Cuvieronius hyodon
Megalonyx


Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) Gradstein, F.M.; Ogg, J.G.; Schmitz, M.D. & Ogg, G.M.; 2012: A Geologic Time Scale 2012, Elsevier, ISBN 0444594256.
  2. "Extinction of humans, other than Homo sapiens". Paleobotany course.
  3. "The Younger Dryas" (PDF). NOAA.
  4. 4,0 4,1 4,2 "Megafauna". Australian museum.
  5. David J. Meltzer (2020). "Overkill, glacial history, and the extinction of North America's Ice Age megafauna". 117 (46): 28555–28563. doi:10.1073/pnas.2015032117. {{cite journal}}: Cite journal requires |journal= (hulp)