![]() 'n Geel Labrador Retriever | |||||||||||||||||||||||||||
Ander name | Labrador | ||||||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Alledaagse byname | Lab | ||||||||||||||||||||||||||
Oorsprong | Verenigde Koninkryk & Kanada[1] | ||||||||||||||||||||||||||
Grondras | St. John's water dog | ||||||||||||||||||||||||||
| |||||||||||||||||||||||||||
| |||||||||||||||||||||||||||
Notas | Provinsiale soogdier van Labrador | ||||||||||||||||||||||||||
Hond (Canis lupus familiaris) |
Die Labrador retriever of kortweg Labrador is 'n honderas wat afkomstig is uit Newfoundland en Labrador, en afstam van die St. Johns-hond. Hierdie ras is vanaf die middel van die 19de eeu in Engeland met 'n aantal ander rasse, soos die Gordon setter, die spaniël, die Flatcoated retriever en die Chesapeake Bayretriever, gekruis. ('n Ander naam vir retriever is apporteerhond, dit wil sê 'n hond wat 'n gegooide voorwerp gaan haal en terugbring wanneer hy só geleer word.)
Die St. Johns-hond word deur die Eskimo's gebruik om vis te vang, terwyl die labrador geteel word vir eendejag en vir jag in moerasagtige gebiede. Die retriever het eenvoudige swemvliese tussen die tone.
Die labrador het 'n dik pels met 'n waterafwerende onderpels. Die pels het weinig versorging nodig en eenmaal per week se borsel is genoeg.
Die labrador-reune word 55 tot 57 sentimeter hoog terwyl die tewe 54 tot 56 sentimeter hoog word. 'n Labrador weeg omtrent 35 kilogram.
As gevolg van die labrador retriever se intelligensie en leergierigheid is dit maklik om hom op te voed en te leer.
In die jongste jare word labrador retrievers dikwels as begeleidingshonde vir blindes ingespan.