Lana Turner | |
![]() | |
Turner in 1943.
| |
Geboortenaam | Julia Jean Turner |
---|---|
Geboorte | 8 Februarie 1921 |
Sterfte | 29 Junie 1995 (op 74) |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Beroep(e) | Aktrise |
Aktiewe jare | 1937–1985 |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Lana Turner (gebore as Julia Jean Turner;[1] 8 Februarie 1921 – 29 Junie 1995) was ’n Amerikaanse aktrise. Sy is in 1937 deur ’n verslaggewer ontdek terwyl sy ’n koeldrank by ’n roomyseetplek gedrink het en het op 16-jarige ouderdom ’n kontrak met Metro-Goldwyn-Mayer onderteken.
Sy het eerste aandag getrek in They Won't Forget (1937). In die vroeë 1940's het sy hoofrolle vertolk in prente soos Johnny Eager (1941), Honky Tonk (1941), Ziegfeld Girl (1941) en Somewhere I'll Find You (1942). Sy het in 1941 in die gruprent Dr. Jekyll and Mr. Hyde verskyn, en haar reputasie as ’n femme fatale is aangevuur deur haar rol in die film noir The Postman Always Rings Twice (1946). Sy was deur die 1950's gewild en te sien in prente soos The Bad and the Beautiful (1952) en Peyton Place (1957), waarvoor sy vir ’n Oscar vir beste aktrise benoem is.
Omstredenheid het Turner in 1958 omhul toe haar dogter, Cheryl Crane, Turner se minnaar Johnny Stompanato in hul huis in Beverly Hills doodsteek; in ’n nadoodse ondersoek is bevind Crane het uit selfverdediging opgetree.
Haar volgende prent, Imitation of Life (1959) was die suksesvolste fliek van haar loopbaan, maar van die vroeë 1960's af was sy in minder prente te sien. Sy was tydens die grootste deel van die 1970's en vroeë 1980's semi-afgetree en het net af en toe gewerk. In 1982 was sy in ’n gasrol in die televisiereeks Falcon Crest te sien – dit het daartoe gelei dat die reeks sy grootste kykerstal ooit gehad het. Haar laaste rolprentverskyning was in 1985, en in 1995 is sy op 74-jarige ouderdom aan keelkanker oorlede.[2]