Langeberg-tolbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Leucadendron |
Spesie: | L. radiatum
|
Binomiale naam | |
Leucadendron radiatum E.Phillips & Hutch., (1912)
|
Die Langeberg-tolbos (Leucadendron radiatum) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap waar dit voorkom op die Langeberg vanaf Grootberg tot by Kampscheberg.
Die struik word 60 cm hoog en blom van Oktober tot Desember. Die plant vrek na 'n brand maar die sade oorleef. Die sade word in 'n tol op die vroulike plant geberg en val grond toe na 'n brand en word moontlik deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig en daar is afsonderlike plante met manlike en vroulike blomme, wat deur die wind bestuif word. Die plant groei hoofsaaklik op suidelike hellings op hoogtes van 910 - 1 700 m.
In Engels staan dit as die Langeberg conebush bekend.