Langneus-valkvis | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | O. typus
|
Binomiale naam | |
Oxycirrhites typus Bleeker, 1857
|
Die langneus-valkvis (Oxycirrhites typus) is 'n vis wat voorkom in die Stille Oseaan en die Indiese Oseaan: die Rooisee en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die Oos-Kaap. In Engels staan die vis bekend as die Longnose hawkfish.
Die vis word tot 13 cm lank. Die vis het 'n lang snoet met 'n wit kop en lyf. Die lyf is bedek met rooi horisontale en vertikale strepe wat soos 'n net lyk. Die vis leef in aflandige koraal- en rotsriwwe wat in water wat 20 tot 100m diep is. Hulle is alleenlopers en territoriaal van aard. Hulle vreet klein planktonagtige skaaldiere. Die spesie is seldsaam.