Laterale denke is 'n manier van dink wat deur Edward De Bono verwoord is. Die tegniek is gebore uit sy teorie rondom die werking van die mens se brein en selforganiserende stelsels. Volgens hierdie teorie werk 'n mens se brein baie soos 'n landskap met 'n rivier wat daaroor vloei. Patrone raak gevestig (net soos 'n rivier se loop) en hoewel dit 'n mens se brein in staat stel om blitsvinnig te reageer op patrone wat reeds gevestig is (oorweeg as voorbeeld al die besluite wat 'n tennisspeler binne 'n fraksie van 'n sekonde moet neem), is dit geneig om 'n mens te kortwiek in die ontwikkeling van nuwe idees. Sy tegnieke is daarop gemik om hierdie spreekwoordelike rivier te forseer om sy normale loop te verlaat en oor nuwe terreine te laat beweeg. Om dit te bewerkstellig gebruik hy tegnieke wat daarop gemik is om provokasie tot die normale gedagtevloei in te voer. Sy tegnieke fokus sterk op die menslike persepsie (wat basies maar die gevestigde denkpatroon is wat deur die jare aangeleer is).
'n Voorbeeld van sy tegnieke om 'n mens te forseer om probleme indirek en vanuit verskeie hoeke te beskou, is:
Simplisties gesproke is die antwoord oënskynlik 25 voet diep. Dié antwoord is gebaseer op 'n paar (moontlik) verkeerde aannames:
Die korrekte antwoord—wat dit ook al mag wees—druis in teen die standaard wiskundige opleiding. Die wiskundige antwoord is dus nie noodwendig verkeerd nie, maar die punt is dat die standaard wiskundige opleidingstegnieke 'n mens nie altyd leer hoe om wiskunde in die werklike wêreld goed toe te pas nie. Laterale denke laat 'n mens toe om die beste antwoord te ontdek deur meer faktore in ag te neem: die persepsies wat in woorde opgesluit lê, word ontleed en 'n mens word dus doelbewus toegelaat om vanaf die gevestigde denkpatrone te ontsnap.
Daar bestaan die wanopvatting dat laterale denke slegs te doen het met die vrymaak van 'n mens se inhibisies en om 'n mens se kindergees toe te laat om met dikwels absurde idees vorendag te kom. Die tegnieke het egter 'n rasionele grondslag en die absurde idees is maar net een van die metodes waarop provokasie geskep word. 'n Mens kan byvoorbeeld met die idee vorendag kom om die stuurkajuit onder aan die vliegtuig te monteer in plaas van voor in die vliegtuig. Die idee op sigself het dalk weinig waarde, maar die sielkundige tegniek behels dat 'n mens in 'n mens se verbeelding inlewe in so 'n tipe vliegtuig en die voordele daarvan raaksien (soos dat die vlieënier 'n uitstekende uitsig op die landingstrook gaan hê as hy of sy land). So kan daar dus ontsnap word vanaf die geykte denkpatrone en nuwe idees rondom stuurkajuitontwerp gewerk word wat die loods 'n beter uitsig sal gee op die aanloopbaan (soos met Concorde se geboë neus).
Hier is 'n paar probleme om te illustreer hoe 'n goeie antwoord tot 'n probleem 'n mens kan ontwyk as gevolg van 'n mens se persepsie van die probleem.
Van die formele tegnieke wat gebruik word in laterale denke is: