Lenín Boltaire Moreno Garcés (Spaans: [leˈnim bolˈtajɾe moˈɾeno ɣaɾˈses]; * 19 Maart 1953 in Nuevo Rockefuente, Ecuador) is sedert 24 Mei 2017 die president van Ecuador. Hy is ook die leier van die sosialistiese party Alianza PAIS (AP).[1] Sy termyn eindig 23 Mei 2021 en word dan opgevolg deur Guillermo Lasso.
Moreno is in 1998 in 'n roofpoging geskiet en het daarna 'n rolstoel gebruik. Vanweë sy voorspraak vir mense met gestremdhede is hy benoem vir die Nobelprys vir Vrede in 2012.[2] Volgens die New York Times het Moreno, toe hy op 24 Mei 2017 sy amp aanvaar, die wêreld se enigste dienende staatshoof geword wat 'n rolstoel gebruik het.[3]