Leucospermum | |
---|---|
Leucospermum erubescens | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Subtribus: | Leucadendrinae |
Genus: | Leucospermum R.Br. |
Tipespesie | |
Leucospermum hypophyllocarpodendron[1] | |
verspreiding | |
Sinonieme[2] | |
Leucospermum (speldekussings) is 'n struikgenus wat hoort tot die familie Proteaceae. Daar is 48 spesies wat tot die genus hoort.
Die speldekussings of luisies is na die proteas seker die bekendste en gewildste tuin- en snyblomme van die proteafamilie. Soos die proteas hou die blomme van speldekussings ook lank en die blomtyd is ook lank (dikwels 4 maande of langer). Waar die skutblare meestal die eienskap is wat proteas so aantreklik maak, is die uitstaande style en stempels die kenmerkendste eienskap van die speldekussings. Speldekussings het geen skutblare nie.
Wanneer hulle nie blom nie, kan speldekussings van proteas (en alle ander lede van die proteafamilie) onderskei word op grond van die drie of meer tandjies wat hulle aan die punte van hul blare het en wat dikwels rooierige randjies het. Die speldekussings kan ruweg verdeel word in die met groter blomkoppe ('n deursnee van meer as ongeveer 4 cm) en die met klein blomkoppe (ongeveer 3 cm in deursnee). Die blomkoppies van die rankende Leucospermum prostratum is slegs ongeveer 2 cm in deursnee. Die bekendste en gewildste speldekussings is Leucospermum cordifolium (vroeër Leucospermum nutans) en Leucospermum reflexum.
Met die uitsondering van die transkeise speldekussing, spitsblaarspeldekussing en die seepsteenspeldekussing kom al die spesies in die Wes-Kaap voor.
Seksie | Algemene seksienaam | Spesie | Algemene spesienaam |
---|---|---|---|
Leucospermum | Sandveldspeldekussings | Leucospermum arenarium | Redelinghuys-speldekussing |
Diastelloidea | Luisspeldekussings | Leucospermum bolusii | Luisiesbos |
Diastelloidea | Luisspeldekussings | Leucospermum calligerum | Rooiluisie |
Cardinistyle | Vuurwerkspeldekussings | Leucospermum catherinae | Waterluisie |
Conocarpodendron | Boomspeldekussiing | Leucospermum conocarpodendron | Kreupelhout |
Brevifilamentum | Pronkspeldekusing | Leucospermum cordatum | Hartsblaarspeldekussing |
Brevifilamentum | Pronkspeldekusing | Leucospermum cordifolium | Bobbejaanklouspeldekussing |
Crassicaudex | Silindriese speldekussing | Leucospermum cuneiforme | Gewone luisiesbos |
Tumiditubus | Grootbuisspeldekussing | Leucospermum erubescens | Oranjevlamspeldekussing |
Cardinistyle | Vuurwerkspeldekussings | Leucospermum formosum | Silwerblaarspeldekussing |
Tumiditubus | Grootbuisspeldekussing | Leucospermum fulgens | Potbergspeldekussing |
Crassicaudex | Silindriese speldekussing | Leucospermum gerrardii | Seepsteenspeldekussing |
Conocarpodendron | Boomspeldekussiing | Leucospermum glabrum | Outeniekwakreupelhout |
Crinitae | Plat speldekussings | Leucospermum gracile | Hermanusspeldekussing |
Cardinistyle | Vuurwerkspeldekussings | Leucospermum grandiflorum | Grysblaarluisieboom |
Cardinistyle | Vuurwerkspeldekussings | Leucospermum gueinzii | Kloofluisiesbos |
Hamatum | Haakspeldekussings | Leucospermum hamatum | Ruiterbosspeldekussing |
Hamatum | Haakspeldekussings | Leucospermum harpagonatum | McGregorspeldekussing |
Diastelloidea | Luisspeldekussings | Leucospermum heterophyllum | Rankluisie |
Leucospermum | Sandveldspeldekussings | Leucospermum hypophyllocarpodendron | Slangbossie |
Crassicaudex | Silindriese speldekussing | Leucospermum innovans | Transkeise speldekussing |
Brevifilamentum | Pronkspeldekusing | Leucospermum lineare | Smalblaarspeldekussing |
Tumiditubus | Grootbuisspeldekussing | Leucospermum muirii | Bloukoolhout |
Crinitae | Plat speldekussings | Leucospermum mundii | Langeberg-speldekussing |
Crinitae | Plat speldekussings | Leucospermum oleifolium | Overbergse speldekussing |
Leucospermum | Sandveldspeldekussings | Leucospermum parile | Malmesburyluisie |
Brevifilamentum | Pronkspeldekusing | Leucospermum patersonii | Basterkreupelhout |
Diastelloidea | Luisspeldekussings | Leucospermum pedunculatum | Witspeldekussing |
Conocarpodendron | Boomspeldekussiing | Leucospermum pluridens | Robinsonkreupelhout |
Tumiditubus | Grootbuisspeldekussing | Leucospermum praecox | Rooivlamspeldekussing |
Cardinistyle | Vuurwerkspeldekussings | Leucospermum praemorsum | Nardouwluisiesbos |
Tumiditubus | Grootbuisspeldekussing | Leucospermum profugum | Piketbergspeldekussing |
Diastelloidea | Luisspeldekussings | Leucospermum prostratum | Geelrankspeldekussing |
Cardinistyle | Vuurwerkspeldekussings | Leucospermum reflexum | Perdekopspeldekussing |
Leucospermum | Sandveldspeldekussings | Leucospermum rodolentum | Sandveldluisiesbos |
Diastelloidea | Luisspeldekussings | Leucospermum royenifolium | Oostelike speldekussing |
Crinitae | Plat speldekussings | Leucospermum saxatile | Karoospeldekussing |
Crassicaudex | Silindriese speldekussing | Leucospermum saxosum | Spitsblaarspeldekussing |
Diastelloidea | Luisspeldekussings | Leucospermum secundifolium | Rankspeldekussing |
Tumiditubus | Grootbuisspeldekussing | Leucospermum spathulatum | Sederbergspeldekussing |
Leucospermum | Sandveldspeldekussings | Leucospermum tomentosum | Saldanhaspeldekussing |
Brevifilamentum | Pronkspeldekusing | Leucospermum tottum | Oranjerooispeldekussing |
Diastelloidea | Luisspeldekussings | Leucospermum truncatulum | Kleinkopspeldekussing |
Tumiditubus | Grootbuisspeldekussing | Leucospermum truncatum | Kalksteenspeldekussing |
Tumiditubus | Grootbuisspeldekussing | Leucospermum utriculosum | Breederivier-speldekussing |
Brevifilamentum | Pronkspeldekusing | Leucospermum vestitum | Bergluisie |
Diastelloidea | Luisspeldekussings | Leucospermum winteri | Riversdalspeldekussing |
Diastelloidea | Luisspeldekussings | Leucospermum wittebergense | Swartbergspeldekussing |