Lewe | |
---|---|
Stadiums van ’n vrou se lewe, afbeelding uit die 19de eeu.
| |
Die lewe op aarde | Lewensvorme: |
Die lewe is ’n karaktertrek van voorwerpe wat kan groei, voortplant en aanpas by hul omgewing, onderskei van dié wat dit nie kan doen nie[1] – óf weens die dood óf omdat hulle lewelose organismes is. Meer komplekse lewende organismes kan op verskeie maniere kommunikeer.[1][2] ’n Verskeidenheid lewende organismes word op die aarde aangetref: van swamme en bakterieë tot plante en diere.
Mense het organismes tradisioneel in die klasse "plante" en "diere" ingedeel bloot op grond van hul vermoë om te kan beweeg of nie. Die eerste bekende poging om organismes te klassifiseer was deur die Griekse filosoof Aristoteles (384–322 v.C.). Hy het alle lewende organisme wat in dié tyd bekend was, geklassifiseer as óf ’n plant óf ’n dier. Hy het diere met bloed onderskei van diere sonder bloed (of ten minste sonder rooi bloed) – dit stem ooreen met die moderne konsepte gewerweldes en ongewerweldes onderskeidelik. Hy het elk van hierdie groepe weer onderverdeel in vyf subgroepe. Hoewel sy werk nie sonder foute was nie, was dit vir eeue ná sy dood die mees betroubare bron.[3]
Met die verkenning van Amerika is ’n groot aantal nuwe plante en diere ontdek wat beskrywings en klassifikasies nodig gehad het. In die laat 16de eeu en vroeë 17de eeu is begin met die noukeurige bestudering van diere en dit het gelei tot ’n aansienlike bron van inligting vir klassifikasie volgens anatomiese eienskappe.
In die laat 1740's het Carolus Linnaeus sy metode bekend gestel om elke spesie ’n naam te gee – ’n metode wat vandag nog gebruik word.[4] Hy het ontslae geraak van onnodige lang name en nuwe beskrywende terme met ’n buitengewone presiesheid daargestel. Hierdie metode staan bekend as binominale benaming. Eindelik is die huidige drie-domein-stelsel ontwikkel.
Die Aarde is die enigste planeet sover bekend waarop daar lewe is. Talle mense glo dat lewe in die buitenste ruim moontlik of selfs waarskynlik is. Daar is miljarde sterrestelsels in die heelal en elke sterrestelsel bevat weer miljarde sterre. Talle van dié sterre het planete. Daar kan dus biljoene planete in die heelal wees.
Na gelang van die vraag wat die presiese omstandighede is wat lewe moontlik maak, soos water, kan die aantal planete met lewe wissel van een (die Aarde) tot honderde miljoene.
Geen lewe is egter tot dusver in ons sterrestelsel, die Melkweg, gevind nie. As daar wel lewe is, sal dit moontlik veral bestaan uit mikroörganismes, plante of onontwikkelde diere.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)