Lexington Steele | |
Steele in 2014 op die AVN-prysaand.
| |
Geboortenaam | Clifton Todd Britt |
---|---|
Alias | Lexington Steel, Black Bastard, Lex Steele, Lexington, Lexinton Steel, Lex[1] |
Geboorte | 28 November 1969 Morristown, New Jersey, VSA |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Lewensmaat | Savana Styles |
Beroep(e) | Pornografiese akteur |
Aktiewe jare | 2001-tans |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Clifton Todd Britt[2], beter bekend onder sy professionele naam, Lexington Steele (gebore 28 November 1969), is 'n Amerikaanse pornografiese akteur, regisseur en vervaardiger. Hy is die eienaar van die pornografiese produksiehuise Mercenary Motion Pictures en Black Viking Pictures Inc.
Steele het in 2003 die eerste akteur geword wat die AVN-prys vir manlike kunstenaar van die jaar drie keer gewen het. Hy is in die heldesaal van AVN en XRCO opgeneem. Hy het ook verskeie hoofstroomoptredes gedoen, onder meer in die rolprent Crank: High Voltage (2009) en in episodes van die TV-reekse Weeds en Nip/Tuck.
Steele is in Morristown, New Jersey, gebore en het daar grootgeword.[3] Hy was 'n aandelemakelaar totdat hy sy pornografieloopbaan in 2001 begin het.[4] Hy het op die naam "Lexington" as sy professionele naam besluit nadat hy eenkeer met die moltrein gery het tot by Lexingtonlaan in Manhattan.[5] Hy het gedurende sy loopbaan in sowat 1 300 video's verskyn.[1] Hy is bekend vir sy "hoogs produktiewe ejakulasievermoë" en is gewild op die stel van rolprente.
Steele regisseer en tree veral op vir sy eie maatskappy Mercenary Motion Pictures in Kalifornië wat hy in 2008 gestig het.[6] In 2013 het hy ook vir Evil Angel begin regisseer.[4]