Liam Neeson | |
Neeson in 2012.
| |
Geboortenaam | Liam John Neeson |
---|---|
Geboorte | 7 Junie 1952 Ballymena, Noord-Ierland, Groot-Brittanje |
Nasionaliteit | Britse |
Beroep(e) | Akteur |
Aktiewe jare | 1976-tans |
Liam John Neeson, OBE (gebore op 7 Junie 1952)[1] is ’n Noord-Ierse akteur.[2]
In 1976 het hy by die Lyric Players' Theatre in Belfast aangesluit. Hy het daarna in die rolprent Excalibur (1981) verskyn. Tussen 1982 en 1987 was hy in vyf prente te sien, onder meer in The Bounty saam met Mel Gibson en Anthony Hopkins (1984) en The Mission saam met Robert de Niro en Jeremy Irons (1986). In 1989 het hy ’n hoofrol saam met Patrick Swayze vertolk in Next of Kin (1989).
Hy het groter bekendheid verwerf toe hy in 1993 die titelrol vertolk het in Schindler's List, wat die Oscar vir beste rolprent gewen het. Hy het daarna in ander suksesvolle prente gespeel, soos die geskiedenisprent Michael Collins (1996), die musiekspel Les Misérables (1998), die epiese Star Wars Episode I: The Phantom Menace (1999), die biografiedrama Kinsey (2004), die superheldprent Batman Begins (2005), die fantasie-avontuur Clash of the Titans (2010), die fantasiereeks The Chronicles of Narnia (2005–'10) en die riller The Grey (2011).
Hy is vir verskeie pryse vir beste akteur benoem, onder meer ’n Oscar, ’n Bafta en drie Golden Globes. Die rolprenttydskrif Empire beskou Neeson as "een van die 100 sexyste sterre in die rolprentgeskiedenis" en van "die top-100-rolprentsterre van alle tye".[3]