Libor Pešek | |
---|---|
Pešek in 2019 | |
Agtergrondinligting | |
Gebore | Praag, Eerste Tsjeggiese Republiek | 22 Junie 1933
Sterf | 23 Oktober 2022 (op 89) Praag, Tsjeggië |
Libor Pešek (22 Junie 1933 – 23 Oktober 2022) was 'n Tsjeggiese dirigent. Hy was een van die bekendste dirigente van sy tyd, en het gereeld opgetree as hoofdirigent van Europees-gebaseerde orkeste. Hy het ook vir tien jaar die leiding geneem oor die Koninklike Liverpool Filharmoniese orkes. Sy loopbaan het 'n tydperk van meer as 70 jaar oorspan, en hy het verskeie pryse ontvang van onder meer Groot-Brittanje. Hy het Tsjeggiese musiek deur komponiste soos Vítězslav Novák, Josef Suk en Pavel Josef Vejvanovský gedirigeer.
Pešek is gebore in Praag, Tsjeggo-Slowakye,[1] op 22 Junie 1933.[2][3] Tydens sy hoërskooljare het hy 'n jazzband opgerig.[4] Hy het dirigeer, klavier, tjello en die tromboon gestudeer aan die Akademie van Musikale Kunste onder leermeesters soos Václav Smetáček en Karel Ančerl.[2][5]
Pešek was betrokke by die Plzeň Opera en die Praagse Nasionale Opera. Van 1958 tot 1964 was hy die direkteur van die Praagse Kamerharmonie, wat hy gestig het.[5][6] In die sewentigerjare het hy orkeste in Leeuwarden en Enschede, Nederland gelei. Hy het ook die Sebastian-orkes opgerig.[4] Pešek was vanaf 1981 tot 1982 hoofdirigent van die Slowaakse Filharmoniese Orkes, en van 1982 tot 1990 inwonende dirigent van die Tsjeggiese Filharmoniese Orkes.[5] Hy het ook gedien as dirigent tydens die inhuldiging van Václav Havel in Desember 1989.[1]
In die Verenigde Koninkryk was Pešek vanaf 1987 tot 1998 musiekdirekteur van die Koninklike Liverpool Filharmoniese orkes (RPLO). Hy het destyds die titel van dirigent-laureaat gehou,[5] wat 'n jaarlikse konsert ingesluit het. [6] Sy werk saam met die RLPO het die dirigeer van die première van Anthony Powers se Horingconcerto, met Michael Thompson as die solis, ingesluit.[7] Hy het die orkes in 1993 gegirigeer tydens die opening van die Praagse Lentefees; die eerste buitelandse orkes wat genooi is.[5][6] Hy het ook die groep begelei tydens sy eerste toer van die Verenigde State.[8] Gedurende sy tyd aan die hoof van die RLPO het dit bekend gestaan as "die beste Tsjeggiese orkes buite Praag" .[2][9]
Met ingang 2007 was Pešek die hoofdirigent van die Tsjeggiese Nasionale Simfonieorkes. Hy het aan die einde van die 2018-2019 seisoen uitgetree uit die pos.[5][10]
Pešek is veral bekend om sy interpretasies van Tsjeggiese musiek. Hy was 'n voorstander van minderbekende Tsjeggiese komponiste soos Josef Suk en Vítězslav Novák. Sy opnames sluit die musiek van Pavel Josef Vejvanovský in.[11]
Op 23 Oktober 2022 het Jan Hasenöhrl, 'n Tsjeggiese trompetspeler, Pesek se dood afgekondig, Pesek was 89.[5][12][13]
Kulturele poste | ||
---|---|---|
Voorafgegaan deur Paul Freeman |
Hoofdirigent, Tsjeggiese Nasionale Simfonieorkes 2007–2019 |
Opgevolg deur Steven Mercurio |