Die liturgiese of kerklike jaar van die Rooms-Katolieke Kerk is nie gelyk aan die Kalenderjaar nie. Dit word ingedeel in twee kringe rondom die groot feesdae Kersfees en Paasfees. Die liturgiese jaar word ingelui met die Kerskring wat begin met die eerste Sondag van Advent (eintlik die vespers of aandgebed op die vooraand van dié Sondag), die Kersmis insluit en op die vierde Sondag ná Driekoningedag (Epifanie) eindig. Vervolgens begin die Paaskring wat, na gelang van die gebruikte liturgiese kalender, begin met Septuagesima (70 dae voor Paasfees) of Aswoensdag. Hierdie kring eindig 50 dae ná Paasfees met Pinkster. Die Sondag daarop volg Trinitatis (Drie-eenheid-Sondag) met die aansluitende 27 Sondae ná Trinitatis. Hierdie periode word verder onderverdeel in die somerkring (Trinitatis en die 12 Sondae daarna) en die herfskring (van die 13de tot die 27ste en laatste Sondag ná Trinitatis). Daarmee is die kring van die liturgiese jaar voltooi.
Die Kerskring is die eerste periode van die liturgiese jaar. Dit streek van die eerste Sondag van Advent tot aan die fees van die Doop van Jesus.
Advent begin op die Sondag wat die naaste aan die fees van die Heilige Andreas (30 November) val. Dié Sondag is tussen 27 November en 3 Desember.
Vanjaar[1] | Volgende jaar | Liturgiese kleur | |
---|---|---|---|
So. 3 Des. 2023 | So. 1 Des. 2024 | 1ste Sondag (Levavi) | pers |
So. 10 Des. 2023 | So. 8 Des. 2024 | 2de Sondag (Populus Sion) | pers |
So. 17 Des. 2023 | So. 15 Des. 2024 | 3de Sondag (Gaudete) | pienk |
So. 24 Des. 2023 | So. 22 Des. 2024 | 4de Sondag (Rorate) | pers |
Vanjaar[1] | Volgende jaar | Liturgiese kleur | |
---|---|---|---|
Ma. 25 Des. 2023 | Wo. 25 Des. 2024 | Kersmis: Hoogfees van die geboorte van Jesus | wit |
Sa. 30 Des. 2023 | Sa. 28 Des. 2024 | Heilige Familie Sondag vóór die oktaafdag van Kersmis, 30 Desember as Kersmis op 'n Sondag sal val |
wit |
Ma. 1 Jan. 2024 | Do. 1 Jan. 2026 | Hoogfees van Maria (oktaafdag van Kersmis) | wit |
So. 7 Jan. 2024 | So. 5 Jan. 2025 | Driekoningedag of Openbaring van die Here 6 Januarie, maar word in die liturgie op die Sondag ná 1 Januarie gevier |
wit |
Ma. 8 Jan. 2024 | So. 12 Jan. 2025 | Doop van Jesus (1ste Sondag ná 6 Januarie). Indien die Driekoningedag op 7 of 8 Januarie sal val word die Doop van Jesus op die Maandag van 8 of 9 Januarie gevier. |
wit |
Hiermee eindig die Kerstyd.
Vanjaar[1] | Volgende jaar | Liturgiese kleur | |
---|---|---|---|
Vr. 2 Feb. 2024 | So. 2 Feb. 2025 | Marialigmis of Opdrag van die Here in die tempel (Marialigmis) | wit |
In die periode kan die fees van Marialigmis op 'n Sondag val. Dan het dié fees voorrang voor die gewone Sondagliturgie. Die fees sluit al die feeste van die Kerskring af maar is al 'n verwysing na Paasfees.
In die Liturgiese kalender wat gebruik word tydens die gewone vorm van die Romeinse ritus begin die Paaskring met Aswoensdag en eindig met die Hoogfees Pinkster. In die kalender wat gebruik word by die buitengewone vorm begin dié kring Septuagesima (70 dae vóór Paasfees) en eindig vóór die eerste Sondag van Advent.
Hierdie periode begin op Aswoensdag, eindig met die Alleluia in die Paasnag en staan voor die Vastyd. Die vroeëre benaming van die 5de Sondag was Passiesondag. Die 6de Sondag in die Veertiendaetyd word nou Palmsondagpassie van die Here genoem en lui tewens die Goeie of Heilige Week in.
Vanjaar[1] | Volgende jaar | Liturgiese kleur | |
---|---|---|---|
Fout: ongeldige tyd | Wo. 5 Mrt. 2025 | Aswoensdag: (Miseréris ómnium) | |
Fout: ongeldige tyd | So. 9 Mrt. 2025 | 1ste Sondag: (Invocabit me) | pers |
Fout: ongeldige tyd | So. 16 Mrt. 2025 | 2de Sondag: (Reminiscere) | pers |
Fout: ongeldige tyd | So. 23 Mrt. 2025 | 3de Sondag: (Oculi) | pers |
Fout: ongeldige tyd | So. 30 Mrt. 2025 | 4de Sondag: (Laetare) | pienk |
Fout: ongeldige tyd | So. 6 Apr. 2025 | 5de Sondag: (Júdica) | pers |
Fout: ongeldige tyd | So. 13 Apr. 2025 | Palmsondag: (Púeri Hebreaórum) | rooi |
Fout: ongeldige tyd | Do. 17 Apr. 2025 | Wit-Donderdag: (Nos autem) | wit |
Fout: ongeldige tyd | Vr. 18 Apr. 2025 | Goeie Vrydag | rooi |
Fout: ongeldige tyd | Sa. 19 Apr. 2025 | Heilige Saterdag: (Sabbatum Sanctum) |
Die Paastyd is die tyd wat loop vanaf die vooraand van Paasfees (Paasaand en -nag) tot en met Pinkster (50 dae na Paasfees).
Die eerste ag dae van Paasfees vorm die Paasoktaaf, waarby elke dag as een Hoogfees van die Here gevier word, en dus die Gloria en Credo gesing word. Die Sondag waarmee die oktaaf eindig, word Witte Sondag genoem en is die Sondag van die Goddelike Barmhartigheid.
Vanjaar[1] | Volgende jaar | Liturgiese kleur | |
---|---|---|---|
Fout: ongeldige tyd | So. 20 Apr. 2025 | Paassondag (Resurréxi) | |
Fout: ongeldige tyd | So. 27 Apr. 2025 | Witte Sondag (Quasi modo geniti) | |
Fout: ongeldige tyd | So. 4 Mei 2025 | 3de Paassondag (Misericórdia Dómini) | |
Fout: ongeldige tyd | So. 11 Mei 2025 | 4de Paassondag (Jubiláte Deo) | |
Fout: ongeldige tyd | So. 18 Mei 2025 | 5de Paassondag (Cantáte Dómino) | |
Fout: ongeldige tyd | So. 25 Mei 2025 | 6de Paassondag (Vocem jucundidátis. Rogate) | |
Fout: ongeldige tyd | Do. 29 Mei 2025 | Hemelvaart van die Here (Viri Galilaei) | wit |
Fout: ongeldige tyd | So. 1 Jun. 2025 | 7de Paassondag (Exaudi, Dómine) | |
Fout: ongeldige tyd | So. 8 Jun. 2025 | Pinkster (Spiritus Dómini) | rooi |
Fout: ongeldige tyd | So. 15 Jun. 2025 | Trinitatis | wit |
Hiermee eindig die Paastyd.
Vanjaar[1] | Volgende jaar | Liturgiese kleur | |
---|---|---|---|
Ma. 24 Jun. 2024 | Di. 24 Jun. 2025 | Sint Jan | wit |
Do. 31 Okt. 2024 | Vr. 31 Okt. 2025 | Hervormingsdag | rooi |
Vr. 1 Nov. 2024 | Sa. 1 Nov. 2025 | Allerheilige | wit |
Sa. 2 Nov. 2024 | So. 2 Nov. 2025 | Allersiele | wit |
Tydens die Liturgiese jaar word verskillende liturgiese kleure gebruik. Elke kleur het sy eie periode in die Liturgiese jaar en sy eie betekenis.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Liturgiese jaar. |
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal. |