Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Lopez Lomong (gebore op 5 Januarie 1985)[1][2] is 'n Suid-Soedannees-gebore Amerikaanse atleet wat middelafstande hardloop. Lomong is een van die Verlore Seuns van Soedan en het op die ouderdom van sestien na die VSA gekom en in 2007 'n VSA burger geword.
Lomong se eintlike geboortedatum is 5 Januarie 1985, maar soos alle Verlore Seuns wat in die VSA gearriveer het sonder dokumente word sy amptelike geboortedatum as 1 Januarie gelys.[3]
Lomong het vir die Olimpiese Somerspele 2008 in die 1500 meter gekwalifiseer tydens die Verenigde State Olimpiese proewe in Eugene, Oregon.[4] Hy was die vlagdraer vir die Verenigde State tydens die openingseremonie van die Olimpiese Somerspele 2008.[5][6]
Hy is tans 'n lid van Team Darfur, te wete 'n groep atlete wat hul beywer om druk op China uit te oefen om druk op die Soedannese regering te plaas om die Oorlog in Darfoer aan te spreek.[7] Lomong se outobiografie, Running for My Life, waarvan Mark Tabb die mede-skrywer is, was in 2012 gepubliseer.
Olympic Games | ||
---|---|---|
Voorafgegaan deur Chris Witty |
Flagbearer for VSA Beijing 2008 |
Opgevolg deur Mark Grimmette |