Louis Ferron (gebore as Karl Heinz Beckering; 4 Februarie 1942 – 26 Augustus 2005) was 'n Nederlandse romansier en digter.
Beckering was die buite-egtelike kind van 'n Duitse soldaat en 'n kelnerin van Haarlem. Sy vader het die seun na Duitsland geneem, en toe die vader kort voor die einde van die Tweede Wêreldoorlog sneuwel, is Beckering in Bremen grootgemaak as die stiefkind van sy vader se weduwee. Na die oorlog het hy teruggekeer na Nederland, waar hy hernoem is na Aloysius (Louis) Ferron. Hy is grootgemaak deur sy moeder se ouers, maar het ook by aanneemouers en in kinderhuise gewoon. Aanvanklik wou hy graag 'n skilder word; op 18 jaar is hy getroud (met 'n dogter van die skryfster Lizzy Sara May). Sy vrou het hom aangemoedig om 'n skrywer te word.[1]
Ferron se literêre buiging was 'n stel gedigte getiteld "Kleine Krijgskunde" wat verskyn het in die Mei 1962 uitgawe van die literêre tydskrifjoernaal Maatstaf. Die tydskrifjoernaal het ook in Augustus 1965 sy kortverhaal "Ergens bij de grens." gepubliseer. Sy eerste boeklengte publikasie was die poësiebundel Zeg nu zelf, is dit ontroerend?, wat gepubliseer is in 1967. In 1974 het hy 'n tweede bundel poësie gepubliseer getiteld Grand Guignol. Na hierdie publikasie het hy hoofsaaklik prosawerk gepubliseer—waarvoor hy die bekendste is. Ferron het ook James Baldwin en Vladimir Nabokov se werke vertaal.[2]
Ferron is aan dermkanker dood, drie dae nadat hy die eerste afskrif van sy laaste roman, Niemandsbruid, ontvang het.[3]
Ferron se werk bevat onderwerpe wat ook gevind kan word in die werke van Friedrich Nietzsche en Sigmund Freud; hy is beïnvloed deur Thomas Bernhard en veral deur Louis-Ferdinand Céline.[4] In sy romans ontmasker Ferron ideologieë en romantiese verbeeldings ten einde die chaos van begeerte en geheime formele gebruike te ontsyfer. 'n Aantal kritici het sy werk as postmodernisties getipeer, inaggenome sy voorstelling van die realiteit as onbegrypbaar. In Turkenvespers (1977) weet die protagonis ('n onbetroubare verteller om mee te begin) byvoorbeeld nie meer of hy by homself op onafhanklike wyse bestaan nie, en of hy maar slegs 'n akteur is in die verbeelding van 'n perverse rolprentregisseur. [5]
In sy behandeling van geskiedkundige onderwerpe tematiseer Ferron ook 'n ietwat onduidelike realiteit. Veral die Duitse historiografie het hom gefassineer. Die romans Gekkenschemer, Het stierenoffer en De keisnijder van Fichtenwald word dikwels beskou as sy "Teutoniese trilogie,"[3] en is in 'n enkelvolume gepubliseer in 2002.
{{cite journal}}
: Cite journal requires |journal=
(hulp)