Louise Brown | |
---|---|
Gebore | Louise Joy Brown 25 Julie 1978 |
Nasionaliteit | Verenigde Koninkryk |
Bekend vir | Eerste proefbuisbaba |
Eggenoot | Wesley Mullinder (get. 2004) |
Kinders | Cameron Mullinder |
Ouer(s) | John en Lesley Brown |
Louise Joy Brown (1978 - ) was die eerste "proefbuisbaba" in die geskiedenis.[1]
Louise Brown is die oudste kind van John en Lesley Brown. Na nege jaar se probeer ondergaan hulle die eerste IVF-behandeling (invitro-bevrugting). Die behandeling is deur Patrick Steptoe en Robert Edwards uitgevoer. Dit was suksesvol en Louise is op 25 Julie 1978 deur middel van 'n keisersnee gebore. Sy het met geboorte 2,6 kg geweeg.
Alle bewyse dui daarop dat die IVF-metode, wat intussen deur miljoene mense gebruik is, tot gesonde en vrugbare kinders lei. Brown het geen gebrek of enige ernstige siektes nie. Haar suster Natalie, wat 4 jaar jonger en ook 'n proefbuisbaba is, is ook gesond.
Brown werk by die poskantoor in Bristol en is sedertdien getroud. Op 10 Julie 2006[2] kom dit aan die lig dat sy op natuurlike wyse swanger geword het. Haar seun, Cameron, is op 21 Desember 2006 gebore. Sy was egter nie die eerste proefbuisbaba wat self 'n kind gekry het nie. Die eer het haar suster reeds in 1999 toegeval.[3]