Louriersuikerbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Protea |
Spesie: | P. laurifolia
|
Binomiale naam | |
Protea laurifolia Thunb., (1806)
| |
Sinonieme | |
Die louriersuikerbos (Protea laurifolia) is 'n klein boomprotea wat voorkom in die Wes-Kaap in bergfynbos en is endemies en beperk tot die westelike berghange vanaf Nieuwoudtville tot Franschhoek en Anysberg waar dit deel vorm van die fynbos-bioom. Die spesie is op die SANBI-rooilys as veilig gelys. Die struik groei regop en word 8 m hoog en blom van April tot November. Die boom het blougroen blare met 'n harde rand.
'n Brand vernietig die plant maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei in sanderige of granietgrond op hoogtes van 400 - 1 200 m.
Die boom se FSA-nommer is 90.2.[1]