Luisboom | |
---|---|
Met vrugte (geel) en blomme | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Solanales |
Familie: | Solanaceae |
Genus: | Solanum |
Spesie: | S. mauritianum
|
Binomiale naam | |
Solanum mauritianum Scop., (1788)
| |
Sinonieme | |
|
Luisboom of groot bitterappel (Solanum mauritianum) is 'n klein indringerboom of struik wat 'n hoogte van tien meter kan bereik. Die plant is inheems in Argentinië, Brasilië en Uruguay in Suid-Amerika, maar het ook versprei na Nieu-Seeland en Suid-Afrika. Die plant is giftig en kan irritasie en naarheid meebring.
Dit het groot ovaalvormige grysgroen blare wat oortrek is met klein haartjies. Die blomme is pers met 'n groen middel. Die plant kan die hele jaar blom, maar die vrugte kom slegs in laat-lente tot die vroeë-somer voor.
Die luisboom kan tot 30 jaar lewe en word as 'n indringerplant in Suid-Afrika beskou.