Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Lutheran Church - Missouri Synod | |
Kerkleier: | Matthew C. Harrison |
Lidmaatskap: | Internasionale Lutherse Raad |
Kerkdistrikte: | 35 |
Gemeentes: | meer as 6 000 |
Lidmate: | 2,1 miljoen |
Hoofkwartier: | International Center 1333 Kirkwood Road St. Louis, MO 63122-7295 USA |
Amptelike webtuiste: | Lutherse Kerk - Missouri-sinode |
Die Lutheran Church – Missouri Synod (Afrikaans: Lutherse Kerk – Missouri-sinode, kort: LC-MS) is die tweede grootste Lutherse kerk in die VSA.
Die kerk het sy oorsprong in die immigrasie van Saksiese Lutherane onder leiding van Martin Stephan in 1839.
Die Lutheran Church - Missouri Synod het sy hoofkwartier in St. Louis, Missouri. Die LC-MS is in administratiewe opsig in 35 kerkdistrikte met altesaam 2,1 miljoen gedoopte lidmate verdeel. In teologiese opsig handhaaf die LC-MS baie konserwatiewe standpunte.