L'Oréal | |
Tipe | Aandelemaatskappy |
---|---|
Gestig | 1909 |
Hoofkantoor | Parys, Frankryk |
Sleutelpersone | Jean-Paul Agon (hoof uitvoerende beampte) |
Gebied bedien | Wêreldwyd |
Produkte | Skoonheidsmiddels |
Inkomste | €29,87 miljard |
Werknemers | 80 000 |
Webwerf | loreal.com |
L'Oréal is 'n Franse maatskappy wat produkte vir persoonlike sorg vervaardig. Die onderneming, wat op 30 Julie 1909 deur Eugène Schueller gestig is, het intussen 'n internasionale groep en die wêreld se grootste kosmetiekmaatskappy geword.[1]
Françoise Bettencourt en haar kinders besit bykans 33,2% van die groep en hul fortuin is in 2020 op meer as 75 miljard Amerikaanse dollar geraam.[2]