'n Patriot-stelsel van die Duitse Lugmag in Augustus 2005. | |
Tipe | Mobiele langbereik grond-tot-lugmissiel met anti-ballistiese missielvermoë |
---|---|
Oorsprong | Verenigde State |
Diensgeskiedenis | |
In gebruik | 1981–huidig[1] |
Gebruik deur | Sien gebruikers |
Produksiegeskiedenis | |
Ontwerper | Raytheon, Hughes and RCA |
Ontwerp | 1969 |
Vervaardiger | Raytheon |
Koste per eenheid | ongeveer VS$2–3 miljoen[2] |
Vervaardig | 1976 |
Aantal gebou | 1106 lanseerders in V.S.-diens,
meer as 172 lanseerders uitgevoer[3] meer as 10 000 missiele vervaardig |
Die MIM-104 Patriot is 'n grond-tot-lugmissielstelsel (SAM), die primêre van sy soort word deur die Amerikaanse Weermag en verskeie geallieerde nasies gebruik. Dit word deur die Amerikaanse verdedigingskontrakteur Raytheon vervaardig en ontleen sy naam aan die radarkomponent van die wapenstelsel. Die AN/MPQ-53 in die hart van die stelsel staan bekend as die "Phased Array Tracking Radar to Intercept On Target" wat die akroniem PATRIOT vorm.
Die Patriot-stelsel het die Nike Herculesstelsel vervang as primêre medium-tot-hoë lugverdedigingstelsel (HIMAD) van die Amerikaanse Leër en vervang die MIM-23 Hawk-stelsel as die VS Leër se medium taktiese lugverdedigingstelsel. Behalwe vir hierdie rol is die Patriot se primêre missie as anti-ballistiese missielstelsel (ABM).