Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Madapolam is 'n sagte katoenmateriaal wat uit fyn gare geweef is met 'n digte eenvoudige weefpatroon. Madapolam word in borduurwerk gebruik of as 'n sakdoekmateriaal, en ook as 'n basis vir gedrukte patrone.[1][2] Die gelyke skering en inslag beteken dat die treksterkte en inkrimping dieselfde is in enige twee reghoekige rigtings, asook die absorbsie van vloeistowwe soos ink, verf en spanlak.
Dit is gebruik as die bedekking vir die de Havilland Mosquito[3] 'n baanbrekende hout skulprompvliegtuig, waar dit styfgetrek en verhard is met vliegtuigspanlak.[4]
Die materiaal is vernoem na die gelyknamige dorp naby Narsapur, Wes Godavari, Andhra Pradesh, Indië, waar die Oos-Indiese Kompanjie 'n materiaalfabriek bedryf het.[5]