Algemeen | |
---|---|
Naam | Magnesiumchloried |
Chemiese formule | MgCl2 |
Molêre massa | 95,21 [g/mol][1] |
CAS-nommer | 7786-30-3[1] |
Voorkoms | Wit vastestof[1] |
Reuk | reukloos[1] |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | ah = 363,63(1)pm; ch = 1766,63(5)pm[2] |
Ruimtegroep | R3m |
Nommer | 166 |
Strukturbericht | C19 |
Smeltpunt | 708 °C[1] |
Kookpunt | 1412 708 °C[1] |
Digtheid | 2,35 [g/cm3][2] |
Oplosbaarheid | oplosbaar; stel hitte vry |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
LD50 | 2 800 [mg/kg] (rot; oraal) |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Magnesiumchloried is 'n sout van magnesium en soutsuur met die formule MgCl2. Dit is 'n higroskopiese en diamagnetiese stof.
Watervrye magnesiumchloried kristalliseer in die gelaagde romboëdriese (trigonale) CdCl2-struktuur[2] (C19 in die strukturbericht-klassifikasie. Die magnesiumione is oktaëdries omring deur chloriedione.
Die sout vorm 'n paar hidrate. Wat verhandel word is gewoonlik die heksahidraat MgCl2·6H2O, wat as die mineraal bischofiet in die natuur voorkom. Verhitting onder stikstof kan egter ook die tetrahidraat MgCl2·4H2O (teen 90°C) en die dihidraat MgCl2·2H2O (teen 120 °C) vrystel. Hoër temperature lei tot verlies van HCl en uiteindelik die vorming van die oksied MgO.[3]
Magnesiumchloried kan uit seewater of uit soutneerslae ontgin word. Dit kom veral in die vorm van die mineraal carnalliet voor. Dit is 'n dubbelsout van KCl en MgCl2. [4]
Magnesiumchloried word medies as dieetaanvulling gebruik.[5]
Gesmelte magnesiumchloried word vir die vervaardiging van die metaal magnesium gebruik deur dit aan elektrolise te onderwerp. Gekonsentreerde oplossings van die sout kan gemeng word met MgO-poeier om 'n pap te maak wat tot 'n soort sement verhard deur die vorming van oxichloriede.[4]
Die stof het ook heelparty industriële toepassings:[6]
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)