Algemeen | |
---|---|
Naam | Magnesiumfluoried |
![]() | |
Chemiese formule | MgF2 |
Molêre massa | 62,3 [g/mol][1] |
CAS-nommer | 7783-40-6[1] |
Voorkoms | wit kristalle [1] |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | a=462,1pm; c=305,3pm[2] |
Ruimtegroep | P42/mnm |
Nommer | 136 |
Strukturbericht | C4 |
Smeltpunt | 1260 °C [1] |
Kookpunt | 2260 °C [1] |
Digtheid | 3,2 [g/cm3] |
Oplosbaarheid | onoplosbaar [1] |
Ksp | 5,16 x 10-11[3] |
Brekingsindeks | 1,4[1] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal ![]() |
Magnesiumfluoried is 'n sout van magnesium en fluoorsuur met chemiese formule MgF2.
Magnesiumfluoried kristalliseer in die tetragonale rutiel-struktuur. (C4 in die strukturbericht-klassifikasie). Die magnesiumatome is oktaëdries deur fluooratome omring.
Magnesiumfluoried word min deur bestraling met hoë energie beïnvloed. Dit beskik oor 'n lae brekingsindeks, hoë korrosiebestandheid, goeie termiese stabiliteit, aansienlike hardheid en uitstekende transmissie-eienskappe vir sigbare, ultraviolet (UV) en infrarooi lig (IR). Hierdie eienskappe maak die toepassing daarvan in verskeie velde moontlik. Byvoorbeeld, in die vorm van 'n eenkristal word dit in vensters, lense, polarisators en ander optiese komponente vir UV-toepassings gebruik, terwyl dit in sy polikristallyne vorm deur perstegnieke in optiese komponente vir IR-toepassings gebruik word. Sy deursigtigheid in UV en IR maak dit ook geskik as 'n venster in UV-stralingsdetektors vir ruimtetoepassings. Wanneer dit met elemente soos vanadium, nikkel en kobalt gedoteer word, dien dit as 'n kristallyne gasheermatriks vir die vervaardiging van instelbare vastestoflasers in die infrarooi gebied. [4]
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)